BMX-baan maak Outapi 'n middelpunt

Fietsry
Nog ’n belangrike bousteen vir die sukses van die sport is in plek ná die Namibiese Fietsryfederasie se inwyding van ’n BMX-baan op Outapi. Die NCF se nasionale BMX-kampioenskap is ook die naweek by die splinternuwe venue aangebied. Die noordedorp se burgemeester, raadslid Selma Asino, asook die NCF-president Axel Theissen en mnr. Fabian Shaanika van Rand Merchant Bank het die inwyding bygewoon. Finansiële steun van RMB, Cymot en die Nedbank Desert Dash het die oprigting van die baan help moontlik maak, terwyl die sport se wêreldbeheerliggaam (UCI) tien nuwe BMX-fietse geskenk het wat vir plaaslike byeenkomste gebruik kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!