Boccia soek atlete, blootstelling en geld
Sport vir gestremdes
Die sport wat plaaslik nog redelik onbekend is, het reeds sedert 1984 Paralimpiese Spele-status.
Namibië kon by die 2022 Afrika-streekkampioenskap van Wêreldboccia in Johannesburg teenwoordig gewees het waar die gasheerland etlike goue medaljes verower en die algehele kompetisie oorheers het.
Ongelukkig kon die Namibiese Bocciavereniging nie geld vir deelname in Johannesburg bekom nie.
Sodoende is minstens twee atlete van Namibië die kans ontneem om hul merk te maak en moontlik vir die wêreldkampioenskap aan die einde van die jaar te kwalifiseer.
Hierdie eerste kontinentale kampioenskap het boccia-spelers die kans gegee om nie net ’n Afrika-titel op eie bodem te wen nie, maar om vir ’n plek by die wêreldkampioenskap te veg wat in Desembermaand in Brasilië voorlê.
Suid-Afrika het die kampioenskap met ses goue medaljes gewen terwyl Marokko en Egipte met twee goue medaljes elk huis toe teruggekeer het.
Dié gewilde sport vir gestremde atlete het die steun van borge nodig om aan meer Namibiërs en veral ouers bekend gestel te word.
WAT IS BOCCIA?
Boccia (uitgespreek botsja) is sedert 1984 ’n internasionaal gerekende Paralimpiese sport.
Dis ’n presisiebalsport, verwant aan rolbal en word deur atlete in rolstoele op ’n klein baan van 12.5 meter lank en 6 m breed op ’n harde oppervlak gespeel.
Boccia is afgelei van die Latynse woord bottia wat baas beteken. Die sport word deur atlete met ernstige fisieke gestremdheid beoefen.
Die spel is oorspronklik ontwerp vir mense wat serebraal gestremd is, maar sluit nou atlete in met ander ernstige gestremdhede wat motoriese vaardighede aantas.
Vanaf 2020 het 75 nasionale boccia-organisasies by een of meer van die internasionale organisasies aangesluit.
Die Boccia Internasionale Sportfederasie (BISFed) is een van net twee Paralimpiese sportsoorte (saam met doelbal) wat geen eweknie in die Olimpiese program het nie.
KLASSE
Atlete word in vier klasse volgens hul gestremdheid geplaas. Om in aanmerking te kom om op nasionale of internasionale vlak aan boccia deel te neem, moet atlete ook rolstoelgebonde wees.
Mense wat serebraal gestrem is, of ’n ander neurologiese toestand het wat soortgelyke gevolge soos spierdistrofie toon of wat traumatiese breinbeserings beleef het, kan kwalifiseer om boccia te kan speel.
Spelers word ondersoek om die omvang van hul toestand te bepaal om teen ander atlete met ’n soortgelyke fisiese funksie mee te ding.
BC1: Spelers in hierdie klas gooi die bal met die hand of voet. Hulle mag deur een persoon bygestaan word wat buite die deelnemer se speelarea moet bly. ’n Assistant mag die speler se rolstoel stabiliseer, van posisie verander en die bal aan die speler te gee wanneer dit versoek word.
BC2: Atlete in dié klas gooi die bal net met die hand. Hulle kom nie vir enige bystand in aanmerking nie.
BC3: Spelers in hierdie klas het in al vier ledemate baie ernstige lokomotoriese disfunksie. Hulle het geen greep of los-aksie nie en hoewel hulle armbewegings kan hê, beskik hulle nie oor die vermoë om ’n boccia-bal self te rol nie.
Hulle kan ’n hulpmiddel soos ’n oprit gebruik om die bal te rol. Spelers mag deur ’n assistent bygestaan word, maar assistente mag nie die spel dophou om raad te gee nie.
BC4: In hierdie klas het spelers ernstige lokomotoriese wanfunksionering van al vier ledemate, asook swak beheer van die romp. Hulle beskik wel oor voldoende beweging om die bal op die baan te rol. Dié klas spelers kom nie vir bystand in aanmerking nie.
DIE SPEL
’n Boccia-wedstryd kan deur individue, pare of spanne van drie gespeel word. Die mikpunt is om leerballe (rooi of blou) so na as moontlik aan ’n wit teikenbal te rol.
’n Enkelspelwedstryd word met vier rondes beslis en elke speler het ses balle. Die teikenbal word eerste deur ’n speler uitgerol en dan word die eerste twee gewone balle om die beurt gespeel. Die speler wat die wit bal gerol het, het die eerste kans en dan sy teenstander.
Die speler wie se bal dan die verste weg van die teiken lê, kom eerste aan die beurt. Sy doelwit is om so naby as moontlik aan die teiken te eindig deur sy mededinger se bal vir ’n beter posisie weg te stamp of direk na die wit bal te mik.
Ná elke ronde word die afstande gemeet en die speler naaste aan die teiken kry die meeste punte.
Mense wat belangstel kan Chriszell by [email protected] of Memory Kalhari van die Namibiese Nasionale Paralimpiese Komitee by 081 491 2939 of [email protected] kontak.
Kyk gerus op World Boccia se YouTube-kanaal na van die wedstryde wat in Johannesburg gespeel was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie