Bokke hul ‘stootskraper’ kwyt vir toets teen Frankryk
Rugby
Wêreldrugby, in samewerking met die Sesnasies-lande, het verhinder dat Jasper Wiese ná sy harde kopstamp teen Ierland, in Saterdag se toets tussen Suid-Afrika en Frankryk in Marseille mag speel.
Wiese is Dinsdag op agtsteman in die Bokke se beginspan ingesluit, maar ná Wêreldrugby se besluit moes Suid-Afrika hom aan die 23-tal onttrek.
Wêreldrugby het onlangs streng protokolle ingestel as spelers die veld weens ’n harde kopstamp verlaat. Die beheerliggaam vereis dat daardie spelers sewe tot 12 dae uitsit.
Wiese behoort dus weer vir volgende Saterdag se toets teen Italië in Genoa beskikbaar te wees.
Kwagga Smith is in Wiese se afwesigheid tot die beginspan vir die Franse toets bevorder. Deon Fourie vervang Smith op die bank as een van die plaasvervangers.
Die 27-jarige Wiese is vir die Bokke soos ’n stootskraper.
Hy maak met sy kragtige stormlopies vir sy spanmaats die pad gelyk om van die voorvoet te speel.
Hy is een van die Bokke se vernaamste baldraers. Sy afwesigheid in die Stade Vélodrome is daarom ’n gevoelige slag.
Die 29-jarige Smith se spel is egter ook nie te versmaai nie. Hy is self ’n sterk, vinnige baldraer wat sy sewesvaardighede inspan om teenstanders te klop.
Smith bied met sy beweeglikheid die Bokke ’n ander sterkpunt as Wiese.
Die insluiting van die 36-jarige Fourie as plaasvervanger verswak beslis ook nie die Bokke se bank nie.
Hy wen baie veld as ’n baldraer, is ’n begaafde baljagter en werk hard sonder die bal in die hand.
Pieter-Steph du Toit, ervare flank van die Bokke, meen intussen die Franse lostrio van Gregory Alldritt, Charles Ollivon en Anthony Jelonch hou ’n groot bedreiging vir die Suid-Afrikaners in.
“Hulle vul mekaar baie goed aan,” het die 30-jarige Du Toit vandeesweek gesê.
“Charles is ’n ongelooflike speler met ’n puik stel vaardighede,” sê Du Toit.
“Hy is nogal vinnig en baie fisiek. Elkeen van hul losvoorspelers speel verskillend. Dit is wat hulle as ’n kombinasie so gevaarlik maak.
“Een dra die bal sterk. Die ander een steel balle. Die ander een doen die donkiewerk, wat niemand gewoonlik raaksien nie. Ons moet seker maak dat ons reg is vir hulle.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie