Bokke stuur noodsein aan Elton

Rugby
Stephen Nell
’n Beseringskrisis op losskakel het die Springbokke genoop om die veteraan Elton Jantjies na hul oefenkamp in Pretoria te ontbied.

Jantjies (32), wat tans ’n kontrak met die Franse tweedeliga-klub Agen het, het die laaste van sy 46 toetse vir Suid-Afrika in Augustus verlede jaar teen Australië gespeel.

Die besluit om hom nader te trek volg op beserings aan Handré Pollard en Damian Willemse, wat Manie Libbok tans as die enigste fikse losskakel in die groep laat.

Jacques Nienaber, die Springbok-afrigter, sê Pollard sal beslis nie vir hul eerste Rugbykampioenskap-toets teen Australië op 8 Julie beskikbaar wees nie. Daar is ook nog twyfel of Willemse betyds sal reg wees.

“Soos sake vandag staan, beteken dit Manie is ons enigste fikse losskakel en ons kan nie die toetsseisoen ingaan sonder dat die posisie gedek word nie,” sê hy.

“Ons het opsies plaaslik en oorsee oorweeg – nadat ons almal oor die seisoen dopgehou het – en Elton staan volgende in die tou op losskakel. Hy het omvattende kennis van ons stelsels en kan maklik inskakel.

“Ons skop oor drie weke af teen Australië en as Damian nie dan ten volle fiks is nie, sal Elton gereed wees om te speel.”

Jantjies sal hom Sondag by die Bok-kamp aansluit.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!