• Tuisblad
  • Sport
  • Bokke wil nie lank oor nederlaag teen Iere tob, sê Siya
Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, nadat Suid-Afrika Saterdagaand met 13-8 teen Frankryk verloor het. Foto Getty Images
Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, nadat Suid-Afrika Saterdagaand met 13-8 teen Frankryk verloor het. Foto Getty Images

Bokke wil nie lank oor nederlaag teen Iere tob, sê Siya

Rugby
Tielman Van Lill
Siya Kolisi sê die boodskap aan die Springbokke is om nie te lank te treur oor die Wêreldbeker-nederlaag van 13-8 teen Ierland in die Stade de France nie.

Ierland het Kolisi-hulle in Saint-Denis gewys dat wisselvallige stelskopwerk, gebrekkige afronding en om tweede viool by die afbreekpunte te speel selfs ’n “Bomb Squad” met ’n 7/1-reserwebank kan ontlont.

Ierland bly ná die oorwinning welverdiend die nr. 1-span op die wêreldranglys. Kolisi sê hulle was vooraf voorbereid op enige scenario, wen of verloor. Hulle praat oop en eerlik oor alles.

“Ons het geweet hierdie groep gaan taai wees,” sê die Bok-kaptein.

“Ons was al tevore in dieselfde posisie (verwysende na die nederlaag teen die All Blacks in 2019 se WB-groepwedstryd in Japan).

“Ons gaan nie daarvan wegskram nie. Ons het die wedstryd verloor, maar die boodskap is: ‘Moenie lank treur nie, dit gaan niks help nie. Hoe vinniger jy daaroor kom, hoe beter is dit vir die groep’. Dít is wat ons gaan doen.”

Die 32-jarige Springbok-kaptein is dit eens met sy hoofafrigter, Jacques Nienaber, dat die toets nie net in een afdeling verloor is nie.

Nienaber het agterna veral vir die Suid-Afrikaners se stelskopwerk geskerm. Manie Libbok en Faf de Klerk het saam 11 punte met hul skopwerk verbrou.

“Ons het byvoorbeeld baie strafskoppe by die afbreekpunte afgestaan. Ons het goeie geleenthede geskep, maar kon dit nie in hul kwartgebied afrond nie. Indien jy nie jou kanse in ’n toets soos hierdie een gebruik nie, is dit wat gebeur,” sê Nienaber.

“Ons sou graag wou wen, maar dit was ’n wonderlike en intense wedstryd. Baie geluk aan hulle. Hulle het baie goed gespeel. Hulle kon die druk in die eerste helfte verwerk en het die drie gedruk.”

Ierland se uitvoering was op die dag akkurater as die Springbokke s’n – veral by die afbreekpunte waar die Ierse flank, Josh van der Flier, giftig was.

“Hulle was ’n bietjie vinniger by die afbreekpunte. Ons het geweet dit kom. Ons het in hul kwartgebied gekom, maar die geleenthede wat ons verloor het, was alles deur die afbreekpunte,” sê die Bok-breier.

“Ons neem volle verantwoordelikheid. Hopelik ontmoet ons hulle weer, maar ons moet beter wees met daardie geleenthede.”

Kolisi neem wel ’n paar positiewe aspekte uit die nederlaag.

“Ek dink ons verdediging was goed. Die intensiteit van die toets was presies wat baie spelers nodig gehad het wat nog nie daarin gespeel het nie,” sê hy.

“Die atmosfeer was ongelooflik op die veld. Ons moet ons koppe lig. ’n Groot toets wag teen Tonga (komende Sondag om 21:00).”

Kolisi se 12 duikslae was naas Pieter-Steph du Toit se 13, die meeste deur enige Bok. Frans Malherbe het 11 ingeryg.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!