Boksers en baanatlete in die kollig

Statebondspele
Tielman Van Lill
Christine Mboma (19), Namibië se silwermedaljewenner in die 200 meter by die Tokio Olimpiese Spele in Japan, sal Donderdag in Birmingham aan haar eerste amptelike 200-naelloop sedert Mei in Zambië deelneem.

Mboma het in Lusaka haar dyspier tydens die 100 beseer en was van toe af nog nie weer in aksie nie. Haar seisoensbeste tyd van 21.87 vir die 200 wat sy April in Gaborone behaal het, steek glad nie sleg af by die Jamaikaanse spoedvrate wie by die wêreldkampioenskap in Eugene, Oregon, die tartan aan die brand laat slaan het nie.

Die vraag is hoe goed gaan haar huidige peil by die Statebondspele wees, sonder enige kompetisie die afgelope paar maande.

Mnr. Henk Botha, afrigter van die atletiekspan in Birmingham en ook Mboma se persoonlike afrigter, het aan Republikein gesê: “Ons het hier ’n paar goeie oefensessies gehad en is redelik tevrede. Uit die aard van die saak kan ek nie met sekerheid sê wat kan gebeur nie.

“Daar kan nie veel uit die atlete se tye tydens die uitdunne gelees word nie; ons sal eers tydens die semifinale kan sien hoe sy vaar en wat haar tyd is. Christine is positief, ek is positief en ons glo sy gaan net haar beste lewer.”

Dit is bevestig dat Shericka Jackson van Jamaika ná haar geskiedkundige suksesse in die 100, 200 en 400 by die wêreldkampioenskap nie by die Statebondspele teenwoordig sal wees nie.

Mboma se strafste teenstand behoort dus van die ewe gedugte Olimpiese kampioen Elaine Thompson-Herah (Jamaika), die 19-jarige Favour Ofili (Nigerië) en die Britse aanspraakmakers soos Dina Asher-Smith te kom kom.

Thompson-Herah en Ofili spog onderskeidelik met seisoenbeste tye van 21.97 en 21.96. Jackson se 21.45 het aan haar die 200-wêreldtitel in Eugene besorg, terwyl Thompson-Herah haar 21.97 in die semifinaal in Oregon beklink het. In die finaal kon sy net die sewende posisie met 22.39 behaal.

Ofili kon nog nie weer sedert April onder 22 draai nie. By die wêreldkampioenskap het sy 22.24 (uitdun) en 22.30 in die semifinaal aangeteken.

’n Medaljekans vir Mboma lyk uitstekend, indien alles vir haar volgens plan verloop. Dalk net pootjie sy haar sterkste teenstanders vir ’n nuwe o.20-wêreldrekord en ’n medalje. Sy is immers nog die o.20-wêreldkampioen en Namibië se goue liefling.

Mboma sal nie by die o.20-wêreldkampioenskap in aksie wees wat Saterdag in Cali, Colombië, begin nie.

BOKSERS OP DREEF

Die veergewig (54-57 kg) Tryagain Ndevelo het gister met ’n tegniese uitklophou in die derde ronde teen Jone Davule van Fidji gewen en vorder na die kwarteindronde. Hy sal môre teen Hussam Uddin Mohammed van Indië in die kryt klim.

Ndevelo het agterna aan die nuusagentskap Nampa gesê hy voel die tyd is reg en hy is beter voorbereid om hierdie keer enduit te gaan, nadat sy vorige Statebondspele in 2018 in Australië niks opgelewer het nie.

• Die ligweltergewig Jonas Junias het Sondag sy drie rondes teen Rashied Williams van Bahamas oortuigend met punte beklink en vorder na die kwarteindronde, waar hy môre teen Reece Lynch van Skotland die handskoene aantrek.

NAMIBIËRS SE PROGRAM VIR VANDAG

100 m uitdunne (12:00-15:30): Gilbert Hainuca.

Diskusgooi kwalifiserende rondes (12:35): Ryan Williams.

400 m hekkies: André Retief uitdunne (20:10–20:30).

400 meter uitdunne (13:20–14:08): Ivan Danny Geldenhuys, André Retief, Mahmad Bock.

Paralimpiese atletiek, 100 m, T45/T47-klas: Bradley Murere, uitdunne (20:40 / 20:47); finaal 22:44.

Rolbal (enkelspel, eerste ronde): Cabous Olivier teen Jamie Walker van Engeland.

ANDER NAMIBIESE UITSLAE

• Die swemmer Ronan Wantenaar het gister in sy 50 m borsslaguitdunne) eindig vyfde in 28.27 s en sodoende na gisteraand se semifinaal gevorder.

Sondag was Xander Skinner sewende in sy 100 m vryslaguitdun in 50.40 sekondes en vorder nie na die halfeindronde nie.

• Rolbal (mans parespel): Cabous Olivier en JP Fouché verloor met 16-14 teen Wallis, klop Jamaika met 33-4; verloor met 27-6 teen Noord-Ierland en wen met 19-12 teen Norfolk-eiland, maar dring nie deur tot die uitklopfase nie.

• Triathlon (gemengde aflosspankompetisie): Drikus Coetzee, Imke Jagau, Jean-Paul Burger en Anri Krugel eindig negende in 1:30:24 – een posisie agter Suid-Afrika.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!