Bonifacius klop Johnson vir Rössmund Ope-titel

Gholf
Stephanus Bonifacius en Wilna Bredenhann is as die kampioene van laas naweek se 2022 Rössmund Ope gholftoernooi bekroon.

Onder die vaandel van ’n splinternuwe borg, Gellert Unlimited Hospitality Services, is die NAGU-reekstoernooi by die Rössmund-gholfbaan gehou in samewerking met die Swakopmund Plaza Hotel met ’n veld van ongeveer 60 spelers uit elke uithoek van Namibië insluitend Oranjemund in die Suide en Tsumeb in die Noorde, asook ’n groot kontingent uit die sentrale streek.

Saterdagoggend was die son vroeg uit – wat soos gewoonlik wind in die middag beteken het wat feitlik almal se middagronde deurmekaar gekrap het.

Dag een het dus geen uitsonderlike tellings opgelewer nie. Hans Naobeb het die beste gevaar met ’n bruto twee-oor-baansyfer 74.

Bonifacius het die dag as voorloper afgesluit op 154 (bruto), net een hou voor die junior speler Kyle Johnson (155 bruto) met die gewese beroepspeler Neil Theron op 156. Die “B”-voorloper was George Murasiki op 164 bruto gevolg deur Joseph Martin 165 en die bestendige Helmut Ndjendja op 166.

Kompetisie aan die voorpunt was dus straf. Achmet Abrahams het sy stempel afgedruk op die C-afdeling met 91 bruto; met Wilna Bredenhann het 83 in die vrouekompetisie behaal en Mariena Ludwig was 36 punte voor in die stableford – vier voor Chris Heunis.

Sondagoggend was warm en bedompig, maar gelukkig met nog net 18 putjies om te speel voordat die wind die middag sy tol sou eis. Tellings was deur die bank beter met Walter Heibeb van Tsumeb wat Sondag die beste rondte van die toernooi behaal het (bruto een onder syfer 71).

Christiaan Gellert en Mathias Hendricksen van Gellert Unlimited was byderhand om die prysuitdeling waar te neem. Die Namibi3ese Amateur Gholfunie (Nagu) se president Marco Swarts het waardering vir hul ruim borgskap uitgespreek, asook die Swakopmund Plaza Hotel vir hul volgehoue steun van die vrouetoernooi en aan Rössmund-klub vir die gebruik van die baan en die klubpersoneel wat tot die toernooi se sukses bygedra het.

• Die voorste uitslae:

2022 Nalgu Swakopmund Plaza Hotel, Rössmund Ope vrouekampioen: 1 Wilna Bredenhann 168 bruto.

2022 Nagu Gellert Unlimited, Rössmund Ope manskampioen: 1 Stephanus Bonifacius 227 bruto; 2 Kyle Johnson 233.

Algeheel beste netto: 1 George Murasiki (214), 2 Helmut Ndjendja (220).

A-afdeling beste bruto: 1 Hans Naobeb (234), 2 Elias Mulombwelwa (236 uittel).

A-afdeling beste netto: 1 Stanley Gawanab (236); 2 Walter Heibeb (238 uittel).

B-afdeling beste bruto: 1 Joseph Martin (257); 2 Mervin Nangolo 261.

B-afdeling beste netto: 1 Rudi Auseb (233), 2 Toady Gurirab (235).

C-afdeling beste bruto: 1 Achmet Abrahams (183); 2 Claud Abrahams (202).

C-afdeling beste netto: 1 Chris Magson (158); 2 Gerhard Byleveld (166).

Stableford: 1 Mariena Ludwig 66, 2 Chris Heunis 62, 3 Lourina de Wet 59, 4 Justine Shikulo 56.

Naaste aan die pen: Neil Theron (putjie 3), Wilna Bredenhann (putjie 7), Jermiah Andreas (putjie 12), Elias Mulombwelwa (putjie 16).

Meeste gholf: Justin Naobeb (291 bruto).

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!