Bonuspuntsege vir Bulle teen Dragons in Wallis
Rugby
Die Bulle, gewapen met ’n kragtige skrum, het hul veldtog in die Verenigde Rugbykampioenskap Vrydagaand weer op koers gekry met ’n sege van 29-14 oor die Dragons in Newport, Wallis.
Daar was tye wat die besoekers met skouspel aangeval het, maar wanneer ’n span só oorheers in die skrums, gaan die faset in die meeste gevalle aanleiding gee tot ’n sege.
Gee die jong Bulle-voorry, Gerhard Steenekamp, Johan Grobbelaar en Mornay Smith, gerus ’n klop op die skouer.
Dit is ’n kombinasie wat al ruk lank gestalte kry by Loftus Versfeld en hulle het in ’n omgekrapte bui by Rodney Parade opgedaag.
Die Ligbloues was ná ’n kwartier se spel met 17-0 voor nadat die Bok-blits Kurt-Lee Arendse vroeg in die wedstryd sy soveelste drie gaan druk het, danksy ’n skerp breekslag deur sy losskakel, Johan Goosen.
Goosen is kort voor die wedstryd in die beginspan ingesluit met Chris Smith wat hom, soos sy hoofafrigter Jake White, weens ’n verkoue moes onttrek.
Soos dikwels die geval is, is die teëspoed van ’n geelkaart motivering vir die span wat met 14 spelers op die veld moet oorleef.
Die Dragons se skrumskakel, Lewis Jones, het in ’n gele vasgekyk vir onwettige spel toe hy die bal uit sy doelgebied geklap het.
Pleks daarvan dat die Bulle munt geslaan het in ’n stadium wat hulle ’n voorsprong van 17 punte gehad het, was dit die Dragons beheer geneem het in Jones se afwesigheid.
Goosen se radar was boonop uit met vier lynskoppe en die tuisspan het die rustydtelling 17-14 gemaak met drieë deur Bradley Roberts (haker) en Max Clark (senter).
Dit was die Dragons se laaste oplewing.
Harold Vorster, binnesenter van die Bulle, het in die tweede helfte ná die soveelste sterk skrum oorgeduik, met die veteraan-haker Bismarck du Plessis, wat ’n ruk later die uitslag bo alle twyfel geplaas het met ’n rolmaaldrie.
Puntemakers:
Dragons 14 (14): Drieë: Bradley Roberts, Max Clark. Doelskoppe: Sam Davies (2).
Bulle 29 (17): Drieë: Kurt-Lee Arendse, Strafdrie, Harold Vorster, Bismarck du Plessis. Doelskoppe: Johan Goosen (2). Strafdoel: Goosen.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie