Borthwick moet Rose weer laat blom
Rugby
Steve Borthwick, ’n voormalige Engelse toetsslot, is as die Rose se nuwe hoofafrigter aangestel.
Die Engelse Rugbyunie (RFU) het Maandag aangekondig die 43-jarige Borthwick sal die leisels by Eddie Jones oorneem. Jones, wat oorspronklik tot ná volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi aan die stuur sou bly, is die trekpas gegee ná Engeland se teleurstellende vertoningslys in 2022.
Borthwick, wat 57 toetse op sy kerfstok het as speler, was van 2015 tot 2020 ’n hulpafrigter van Engeland. Hy het daarna in ’n kort tydperk groot indruk gemaak as hoofafrigter van die Leicester Tigers. Hy sal dié klub nou verlaat om in sy nuwe rol by Twickenham te dien.
“Dis ’n groot eer en ek is geweldig opgewonde oor die vooruitsig om Engeland af te rig. Ek wil ’n wenspan bou wat die geweldige hoeveelheid talent in ons land die beste benut en jong mense inspireer om op rugby verlief te raak.”
Borthwick sal in ’n kort tyd wondere moet verrig, want volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk skop oor ’n raps meer as nege maande af.
– Reuters; Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie