• Tuisblad
  • Sport
  • Brave Warriors reg vir herontmoeting met Kameroen

Brave Warriors reg vir herontmoeting met Kameroen

Sokker
Die ure word afgetel na die Brave Warriors se belangrike sokkerafspraak teen Kameroen – vandag om 15:00 in die Dobsonville-stadion in Soweto.

Die uitsending van die Afrika Nasiebeker kwalifiserende wedstryd op SuperSport begin om 14:45.

Die Namibiese sokkerspan is gretig om voort te bou op die uitstekende 1-1 gelykopuitslag wat hulle Vrydagaand in Yaounde teen die kontinentale sokkerreus behaal het.

Op die puntelys van kwalifiserende groep C, ná twee wedstryde elk, is Kameroen steeds die voorloper met vier punte, gevolg deur Namibië met twee en Burundi met een (asook Kenia, wat gediskwalifiseer is).

’n Skokoorwinning teen Kameroen sal kaptein Peter Shalulile en sy manne ’n groot hupstoot gee in hul aanslag op kwalifisering vir die Afrika-skouspel wat in Januarie en Februarie 2024 in Ivoorkus aangebied word.

Namibië se vorige kwalifiserings vir die Afrika Nasiebeker was in 2019 in Egipte, 2008 in Ghana en 1998 in Burkina Faso.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!