Bredenhann hou greep op Kus Ope

Gholf
Andrew Poolman
Vir die 17de jaar onafgebroke het Rössmund-gholfklub Saterdag en Sondag die 2023 Hollard Kus Ope vir Vroue aangebied.

’n Stewige veld van 30 spelers van Omeya, Windhoek, Walvisbaai, Hentiesbaai en Rössmund het ingeskryf vir die toernooi wat spelers in aanmerking bring vir punte op die Namibiese Amateur Vrouegholfunie (Nalgu) se merietelys.

Die feit dat speeltoestande Saterdag warm en bedompig was, teenoor Sondagoggend se heelwat kouer weer, word in die uitslae weerspieël.

Wilna Bredenhann se eerste rondte van 81 houe (bruto) het haar reeds ses houe voor die res van die opposisie geplaas, met haar jarelange uitdager Zandra Kruger (Omeya) die naaste aan haar.

Ruanda de Beer was vooraan die B-afdeling op 96 bruto, drie houe voor Lydia Lumley. In die stableford-afdeling was Heidi van Niekerk (33 punte) net-net voor Tiekie de Wet en Lynne van der Walt wat beide met 32 in haar nek geblaas het.

Sondag het Wilna na die klubhuis teriuggekeer met 84 houe, een beter as die Omeya-speler Wilmari Woest.

In die B-afdeling het Ruanda nie so goed gevaar in die koue nie, terwyl Doulaine Holtzhausen die beste rondte (97 bruto) aangeteken het. Gaby Adams het die beste stableford-telling van die dag (32 punte) aangeteken.

Die hoofborg Hollard het die spelers met verskeie verassings op en van die baan bederf, insluitend die middagete en die pryse aan die wenners. Hul insette dra by dat spelers die Kus Ope beskou as ’n toernooi wat nie misgeloop moet word nie en wat ’n ware hoogtepunt op die Nalgu-kalender bied.

Die voorste uitslae:

Algehele beste bruto (kampioen): Wilna Bredenhann (165).

Algeheel beste netto: Wilma de Wet (159).

A-afdeling beste bruto: Wilmari Woest (174).

A-afdeling beste netto: Brenda Lens (167).

B-afdeling beste bruto: Ruanda de Beer (196).

B-afdeling beste netto: Suene du Plooy (Venter) (169).

Stableford: 1 Heidi van Niekerk (60 punte), 2 Gaby Adams (59), 3 Rina Knight (58, uittel), 4 Lynne van der Walt (58).

WINDHOEK BUITEKLUB

Die Windhoek Buiteklub het Saterdag sy Welcome Back Bash as ’n beterbalkompetisie aangebied, met 78 klublede wat hul opwagting gemaak het.

Danksy die reënseisoen is die baan in ’n puik toestand. ’n Hoogtepunt van die dag was toe twee spelers, Cor Beuke en Stefanus Reitz, volmaakte gelukhoue op dieselfde putjie (nr. 9) behaal het.

Die voorste uitslae:

1 Anton Smit en Johann Archer (43)

2 Antonio Gamito en Heinco Schmidt (41, uittel)

3 Gerhardus Liebenberg en Christo Liebenberg (41)

4 Mike Beavis en Keith Gardiner (41)

5 Natasja Louw en Wessel Louw (40)

Die pryse vir die houe naaste aan die pen: Conan Mlunga (putjie 3), Cor Beuke en Stefanus Reitz (putjie 9, elkeen met ’n volmaakte gelukhou), Jane O'Sullivan (putjie 13) en Anton Smit (putjie 17).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!