Brevis (70*, 41 b) moker Royals disnis op Nuweland
Krieket
Dis tyd vir Dewald Brevis om vir die Proteas te speel.
Die 19-jarige het Dinsdagaand met ’n skitterende vyftigtal glans aan die openingswedstryd van die SA20-skouspel op Nuweland gegee.
Die aanvangskolwer het met ’n oorwonne 70 van 41 balle (4x4;5x6) die MI Cape Town gehelp om die Paarl Royals met agt paaltjies (met ’n bonuspunt) te verslaan.
Die Royals het gebrom oor die kolfblad wat hul kolfsterre vroeër gerem en tot 142/7 beperk het nadat hulle ingestuur is om te kolf.
MICT het, met die jong Brevis aan die spits, met 143/2 in 15.3 beurte geantwoord.
Hy en Ryan Rickelton (42, 33b) het 47 in die kragspel aangeteken en uiteindelik 90 om die eerste paaltjie in 10.4 beurte.
Rickelton het in die eerste beurt op 0 die geluk aan sy kant gehad toe Dane Vilas, gewoonlik paaltjiewagter, op halfby ’n verspot maklike vangkans van Codi Yusuf se boulwerk verbrou het.
Sam Curran (20, 16b), derde ingestuur in ’n poging om met ’n bonuspunt te probeer wen, het ook op 2 oorleef toe Tabraiz Shamsi van sy eie boulwerk ’n vangkans verbrou het.
Die tuisspan het vroeër besluit om Kagiso Rabada op ys te hou nadat die Proteas se toetsreeks teen Australië eers Sondag in Sydney klaargemaak het.
Jofra Archer het toe in sy eerste amptelike wedstryd in bykans 18 maande, nadat my met sy elmboog en rug gesukkel het, sy terugkeer met 3/27 gevier.
Die Engelse snelbouler met sy derde bal van Wihan Lubbe (3) ontslae geraak. Sy eerste boulbeurt was die eerste leë van die toernooi.
Hy het met die eerste bal van sy tweede boulbeurt ook eerste ses van die toernooi afgestaan.
Jos Buttler het ’n stadige aflewering van hom met ’n skephou oor die paaltjiewagter se kop gelig.
Archer het die blad, waarop die bal stadig deurgeskiet het, goed aangewend. Hy het hom in die 19de beurt op ’n driekuns bevind na hy David Miller en Ferisco Adams van opeenvolgende aflewerings uitgeknikker het.
Die bal, wat stadig deurgeskiet het, het die Royals se lang kolflys verhoed om vloeiend te kolf.
Slegs die aanvangskolwer Buttler (51, 42b), met ’n ongewone “ankerbeurt”, en Miller (42, 31b), wat op nommer vyf in die tiende boulbeurt ingestap het, het by tye gelyk of hulle aan die gang is. Hulle het 48 om die vierde paaltjie aangeteken.
Die draaiers George Linde en Rashid Khan het aan die begin drie van die ses beurte in die kragspel (41/1) afgestuur.
Die naatboulers Duan Jansen (1/16) en Olly Stone (2/31) het in hul eerste beurte onderskeidelik die paaltjies van Jason Roy (18) en Vilas (6) gekry.
Dit het die Royals met net 58/3 na die halfpadmerk gelaat.
Hul 100 en Buttler se vyftigtal het in die 15de boulbeurt (104/3) verskyn.
Buttler is in die volgende beurt deur Stone met ’n volbal geboul toe hy na die wegkant oorgestap het en die bal gemis het.
Eoin Morgan (19, 15b) het aan die einde ook help aansien aan die totaal gee.
• Telkaart: www.espncricinfo.com/series/sa20-2022-23-1335268/mi-cape-town-vs-paarl-royals-1st-match-1343941/live-cricket-score
• Die Durban Super Giants speel Woendag (vanaf 17:30) in Durban gasheer vir die Joburg Super Kings.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie