Brinkmann, Chase slyp in Brittanje
Triathlon
Twee van Namibië se mees belowende junior triathlonatlete vertrek vandag na Wallis waar hulle vir ’n week saam met die Walliese atlete by ’n hoëprestasie-sentrum in Cardiff sal oefen.
Beide Maja Brinkmann en Nathan Chase is op die kortlys vir die Statebondjeugspele vir onder 17’s wat in Augustus in Trinidad en Tobago aangebied word.
Die twee Namibiërs sal deur Luke Watson, die Walliese nasionale hoofafrigter in triathlon, gebrei word. Die hoëprestasiesentrum word as een van die topvyf in die Verenigde Koninkryk gereken.
Volgende Saterdag en Sondag sal beide in Birmingham, Engeland, saam met die Walliese span aan ’n Grand Prix triathlonbyeenkoms by Mallory Park deelneem wat deel van die Britse kampioenskapsreeks is.
Die vier Namibiese atlete wat in Trinidad en Tobago in aksie gaan wees, sal binnekort deur die Namibiese Triathlonfederasie en die Namibiese Sportkommissie aangekondig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie