Bul-breier: Stormers het talent om verlies van Moerat te verwerk
Rugby
Selfs al sê hulle dit nie in die openbaar nie, ruik die Bulle dalk ’n bietjie bloed nadat die Stormers die Springbok-slot Salmaan Moerat aan ’n besering moes afstaan voor Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-derby in die DHL-stadion in Kaapstad.
Nietemin verwag Russell Winter, voorspeler-afrigter van die Bulle, nie dat sy span teen ’n afgewaterde Stormers-agttal gaan speel nie.
“Ek was nog altyd ’n groot aanhanger van Salmaan. Ek was baie hartseer toe ek sien dat hy beseer is, want hy is só ’n goeie ou en speler,” sê Winter.
Dié breier, ’n voormalige voorspeler-afrigter van die Stormers, het Moerat as ’n junior deur die Westelike Provinsie se strukture sien vorder.
“Ek is seker die Stormers sal hom mis, maar in dieselfde asem het hulle in Connor Evans ’n uitstaande jong slot. Hy is lank, groot en ek het hom al in die lynstane dopgehou. Hy is ’n baie goeie voorspeler.
“Dan het hulle ook vir Ben-Jason Dixon, wat ’n uitstaande speler is. Hy kan in enige van die slotposisies of flank speel en is ’n baie intelligente seun. Ek dink die Stormers sal die terugslag verwerk met die opsies wat hulle het.”
Die Stormers sou wel kon doen met daardie tikkie ekstra aggressie wat hulle by Moerat en ’n ander beseerde nr. 4-slot, Adré Smith, sou kon kry.
Hoe dit ook al sy, Winter verwag ’n enorme stryd voorlangs. Die spanne is nog nie bekend nie, maar die Bulle sal weer op volle sterkte wees nadat hulle twee wedstryde in die Europese Kampioenebeker-reeks met ’n sogenaamde B-span gespeel het.
“Die tweestryde voorlangs is liplekker. Almal weeg die spelers teen mekaar op. Ek dink daar gaan geweldige kompetisie in die lynstane en skrums wees,” sê Winter.
Volgens hom het die Bulle “aanbeweeg” van verlede seisoen se eindstryd in die Kaap, wat die Stormers met 18-13 gewen het. Hy het die Stormers ook krediet gegee vir die oorwinning, al het die Bulle se hoofafrigter, Jake White, ná die wedstryd konstant die rol van die skeidsregter daarin beklemtoon.
“Dis ’n wedstryd wat ons baie teleurgesteld was om te verloor, maar terselfdertyd het die Stormers verdien om te wen,” sê hy.
“Ons het aanbeweeg. Hierdie Noord-Suid-derbies is yslik. Of dit bloot ’n vriendskaplike wedstryd of ’n eindstryd is, is dit baie belangrik om te wen. Daar is geweldig baie geskiedenis en tradisie ter sprake.”
Russell voeg by dat derbies van hierdie aard letterlik én figuurlik wonde laat.
“Dit gaan brutaal wees. Die manne gaan van beide kante af inklim. Daar gaan Saterdag en Sondag weerskante toe seer lywe wees,” sê hy.
“As jy wen, is dit fantasties. Indien nie, is dit terug tekenbord toe om aan jou foute te werk. Dit gaan baie interessant wees.”
Terwyl die Bulle se voorste linie lekker verfris sal wees, erken Winter dat die risiko van verroestheid bestaan nadat die spelers die laaste paar weke in watte toegedraai is.
“Almal beplan op hul manier en ons sal Vrydagaand sien of die plan in die kol was al dan nie. Ek dink wel dit was baie belangrik om spelers te roteer, want daar is geweldig baie wedstryde,” sê hy.
“Dit voel nie asof die ouens vir twee weke gerus het nie, want hulle het deurlopend geoefen. Almal het ingekoop op die plan. Ons is vol vertroue dat ons ons beste voet voor sal kan sit. Ek is seker dieselfde geld die Stormers.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie