Bulle bied ‘onskatbare waarde’ voor WB
Rugby
Allister Coetzee se span kry hul laaste speelgeleentheid voor die vertrek na die Wêreldbeker.
Wenkbroue het waarskynlik gister gelig met die aankondiging van die Namibië-span vir môre se 2023 Wêreldbeker-opwarmwedstryd teen die Vodacom Bulle in Windhoek.
Afrigter Allister Coetzee het verkies om sowat 13 van sy kernspelers wat die meeste speeltyd op die afgelope toer na Suid-Amerika gekry het, op die kantlyn te hou in afwagting op die Wêreldbekergroep se vertrek na Frankryk volgende week.
Vir die wedstryd (afskoptyd 16:00) in die WHS Vegkopstadion sal Pieter-Jan van Lill as steelkantflank die kaptein van die Namibiese kombinasie wees.
’n Gelaaide atmosfeer en ’n vuurwarm wedstryd teen ’n gemotiveerde Bulle-span is wat Coetzee wil gebruik om te sien hoe van sy kombinasies reageer wanneer hulle aan die diepkant ingegooi word.
“Die Bulle-span is ongelooflik sterk en vele van dié spelers sal in die komende Verenigde Rugbykampioenskapseisoen gebruik word. Hulle sal beslis die soort tempo en intensiteit bied wat ons by die Wêreldbeker te wagte moet wees,”sê die afrigter.
Sommige spelers is ingesluit wat vir die Wêreldbekertoer oor die hoof gesien is. Maar ’n beter geleentheid om hul waarde as rugbyspelers voor twee gewese Springbokafrigters (Coetzee en die Bulle se Jake White) en ’n luidrugtige Vegkop-skare te wys, kan mens beswaarlik voor vra.
Die stut- en hakerposisies sal spesifiek in die kollig wees, met Namibië wat steeds een in elk van dié posisies moet aankondig om sy WB-groep van 33 voltallig te maak.
“Dit sal ’n lekker taai wedstryd wees en vir ons van onskatbare waarde. Die Bulle sal ons met hul skopspel en by die afbreekpunte en met dryfbewegings en in die vaste fasette en met hul vaardighede ten volle toets. Die Bulle bied presies die soort intensiteit wat ons voor die Wêreldbeker nodig het.
Ons regstreekse uitsending (op die NTV-kanaal, by https://oneuptwo.com/ en die FB-bladsye van Republikein en Sport Wrap) sal om 15:30 begin.
Namibië (15-1): André van der Berg, Gerswin Mouton, Alcino Izaacs, Le Roux Malan, Chad Plato, Cliven Loubser (onderkaptein), Jacques Theron; Adriaan Booysen, Max Katjijeko, PJ van Lill (kaptein), Tiaan de Klerk, Mahepisa Tjeriko, Aranos Coetzee, Wikus Jacobs, André Rademeyer.
Reserwes: Louis van der Westhuizen, Casper Viviers, Herman Agenbag, Haitembu Shikufa, Ruan Ludick, Peter Diergaardt, Johan Luttig, Obert Nortje, Oela Blaauw, Lesley Klim, Lloyd Jacobs, Hillian Beukes, Danco Burger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie