Bulle vra publiek se hulp met vermiste Bok-vleuel
Rugby
Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het lede van die publiek wat enige inligting het oor die vermiste Springbokvleuel Sbu Nkosi gevra om die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria te kontak. Nkosi is die afgelope drie weke al soek.
Netwerk24 het vroeër berig Nkosi het sedert 14 November nog nie weer oefeninge of spanvergaderings by Loftus Versfeld bygewoon nie.
Die BBM het Saterdagaand in ’n verklaring gesê hy het op 17 November reeds by die Brooklyn-polisiekantoor ’n saak aangegee dat die Bok-vleuel vermis word. Die saak is na die Sunnyside-polisiekantoor oorgeplaas.
Hy is as vermis aangemeld nadat daar verskeie kere onsuksesvol probeer is om met hom kontak te maak deur oproepe, SMS’e en oproepe aan familie, sy vriendin en ander goeie vriende. Die BBM het ook vier keer sy woning besoek op soek na hom.
Nkosi het op 11 November laas met die maatskappy, die spanbestuur en spanmaats kontak gehad.
Die BBM sê “almal by Loftus Versfeld” is bekommerd oor Nkosi.
Cobus Claassen het Vrydag berig daar is kommer in Bulle-geledere oor Nkosi se veiligheid.
Sy naasbestaandes het glo ook nie in die afgelope tyd van hom gehoor nie.
Mense met inligting kan die Sunnyside-polisiekantoor bel by 012 422 3600 of Crime Stop by 86001011. Hulle kan ook e-pos aan [email protected] stuur.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie