Cape Epic 2022 was ’n behoorlike strafsessie
Bergfietsry
Mannie Heymans en Genevieve Weber se sege as die eerste posisie van die gemengde spanne in die Absa Cape Epic was uit die Namibiese oogpunt waarskynlik die vertoning wat die meeste glans gevang het.
Die agtdaagse bergfietstoer in die Wes-Kaap word allerweë as dié sport se heel grootste uitdaging ter wêreld beskou en die feit dat omtrent die helfte van alle inskrywings van oorsee afkomstig is en soveel internasionale supersterre insluit, verseker dat die kompetisie geen grap is nie.
Weber, ’n Suid-Afrikaanse burger wat die afgelope jare as inwoner van Windhoek ’n plaaslike bekende is, het in Woensdag se skof 3 ’n ernstige val beleef.
Volgens haar was dit van daardie punt af bloot ’n stryd om oorlewing, hoewel sy en Heymans reeds vanaf die proloog (eerste) konstant onder die voorste spanne in dié kategorie geëindig het.
Die 50-jarige Heymans, driemalige Olimpiër, is ’n groot naam by die Cape Epic nadat hy in 2004 saam met Karl Platt van Duitsland die heel eerste weergawe van die toer gewen het.
Op die algehele klassifikasie het Heymans en Weber (Team Absa Mixed) 84ste klaargemaak, ná ’n uitmergelende 23 ure 43 minute in die fietssaal.
Van die Namibiërs was net die Hollard-kombinasie van Gerhard Mans Junior en Christo Swartz voor hulle (algeheel 49ste; 38ste in die manskategorie; totaal 21 ure 43 minute.
Dit was Swartz se eerste Cape Epic, terwyl Mans tevore reeds drie klaargemaak het.
“My vorige Cape Epic in 2015 was die hardste ding wat ek in my lewe gedoen het – en laas week s’n was nog heelwat moeiliker. Ek dink nie ek sal dit weer aanpak nie. Die finansiële koste is hoog en jy is rêrig kis as jy daar klaar is,” sê Frank Snyman, wat in 2018 vir ’n hartkwaal behandel is, maar nogtans ondanks die teleurstelling van 2020 se laat kansellering van die Cape Epic weens Covid-19 saam met sy vriend Ian Grassow vir nog een teruggekeer het.
“Dis met goeie rede dat die Cape Epic as die Tour de France van bergfietsry beskou word. Uit omtrent 550 spanne het bykans die helfte nie klaargemaak nie; talle het sommer al ná die eerste en tweede en dag dag tou opgegooi. Die steil klimgradiënte oor lang afstande het dit behoorlik ’n strafsessie gemaak.”
Die ander Namibiese spanne se eindposisies:
Hollard Namibia: Gerhard Mans junior en Christo Swartz (mans) – 38ste van manspanne; algeheel 49ste.
Sander Struck: Stefan Sander en Jurgen Sander (mans) – 71ste manspan; algeheel 129ste.
Amistad Namibia: Frank Snyman en Ian Grassow – 42ste van meesters mans; algeheel 149ste.
Team Jam: Jaco Lamprecht en Andre Vermeulen – 127ste van manspanne; algeheel 295ste.
KFX2: Karl Frielingsdorf en Klaus Frielingsdorf – 45ste van grootmeesters; algeheel 323ste.
Stokkies en Willem: André Rossouw (RSA) en Willem Kotze –157ste van manspanne; algeheel 412de.
• Die vrouespan Rare Street bestaande uit Vera Looser (Namibië) en Irina Luetzelschwab (Switserland) moes kort voor die aanvang van die toer onttrek nadat die Namibiese kampioen nie ’n ongesteldheid kon afskud waarmee sy die vorige week ná die Kaapstad-fietstoer begin sukkel het nie.
• Die gebore Windhoeker Marc Pritzen het saam met sy Honeycomb-spanmaat Christiaan Janse van Rensburg 32ste van die manspanne (algeheel 39ste) klaargemaak.
• ’n Bykans ongerekende Duitse span, die 27-jarige Georg Egger en Lukas Baum, het geskiedenis gemaak as die eerste wenspan wat eers in die agtste en laaste skof die geel trui van die voorlopers, Anreas Seewald en Martin Stosek, se skouers afgehaal het.
• 54-1 Haley Batten (VSA) en Sofia Gomez Villafane (Argentinië) was vanjaar die vrouewenspan, wat algeheel 40ste geëindig het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie