Die Capricorn Eagles, die Namibiese vrouekrieketspan.
Die Capricorn Eagles, die Namibiese vrouekrieketspan.

Capricorn Eagles kry finansiële hupstoot

Krieket
Yolanda Nel
Die Capricorn Eagles-vrouekrieketspan het Saterdag op hul toer na Europa vertrek waar hulle vandag hul eerste internasionale T20-wedstryd (T20i) by Hermes DVS in Schiedam, Nederland sal speel.

Die Capricorn-groep en Krieket Namibië het Vrydag aangekondig dat Capricorn hul borgskap vir die nasionale vrouekrieketspan gaan vergroot.

“Ons verdubbel ons finansiële belegging tot N$300 000,” het me. Marlize Horn van Capricorn gesê en bygevoeg dat die vroue goed presteer het en werklik nie net die Namibiese vlag hoog laat wapper het nie, maar ook dié van die Capricorn Eagles.

“Hierdie belegging sluit die handelsmerktoerusting vir die span en ander soorte ondersteuning uit wat gedurende die jaar vir die meisieskrieketfeeste en meisiesskoleliga verskaf sal word.” Horn het gesê dat hulle hoop hul volgehoue ondersteuning van vrouekrieket in Namibië sal die sport meer ontwikkel en vroulike deelname verhoog.

“Sedert ons vennootskap met die Capricorn Eagles in Junie 2021 begin het, het die span groot vordering in plaaslike en internasionale toernooie gemaak. Hulle hou die Namibiese vlag hoog waar hulle ook al gaan en ons is trots om met hierdie inspirerende vroue geassosieer te word,” het sy gesê.

Henno Prinsloo van Krieket Namibië het namens Johan Muller, uitvoerende hoof, gesê dit is belangrik om korporatiewe organisasies te hê wat nie net in sport belê nie, maar veral vrouespanne.

“Ons moet vrouesport dieselfde finansiële ondersteuning gee en ons kan sien hoe hulle presteer. Die vrouekrieketspan ontvang nie geld nie, maar hulle werk hard en verbeter konstant,” het hy gesê.

Irené van Zyl, kaptein van die Capricorn Eagles, sê die span is gereed en opgewonde om mee te ding.

“Ons het hard geoefen. Ons is gereed," het syl vertel.

Ná vandag se wedstryd speel hulle môre twee T20i-wedstryde, een Donderdag en nog een Vrydag in Nederland voordat hulle na Duitsland vertrek. Daar speel hulle een wedstryd Saterdag en twee op die Sondag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!