Cheetahs kies span vir Europese toer
Rugby
Die veelsydige Springbok-agterspeler Frans Steyn sal Maandag saam met die Cheetahs se toerspan na Parys vertrek.
Hy is een van ’n handjievol spelers in die Cheetahs se geledere wat vertroud is met klubrugby in Frankryk.
Die toerspan kom op 10 Desember teen die Franse klub Pau te staan in die eerste van sy twee wedstryde in die Europese Uitdaagbeker-reeks.
Steyn (35) was in ’n stryd teen tyd gewikkel om sy fiksheid te herwin nadat ’n kniebesering hom uit die Bokke se Europese toer gehou het.
Steyn het van 2016 tot 2020 meer as 90 wedstryde vir die Franse klub Montpellier gespeel nadat hy voorheen ook ’n paar seisoene vir Racing Metro (nou as Racing 92 bekend) in Frankryk gespeel het.
Die Cheetahs se Bok-skrumskakel, Ruan Pienaar, het ook ’n paar seisoene saam met Steyn vir Montpellier gespeel.
Die senter Robert Ebersohn het ook vir dié Franse klub en later Castres en Béziers gespeel.
Ander spelers wat al klubrugby in Frankryk gespeel het, is die stutte Aranos Coetzee (Brive) en Schalk Ferreira (Toulouse) en die slot Mzwanele Zito (Carcassonne).
Pau het nog net vyf seges in sy 11 Top14-wedstryde tot dusver vanjaar behaal, maar het sy laaste drie wedstryde in Oktober en November teen La Rochelle, Bordeaux Begles en Brive oortuigend gewen.
Die Cheetahs se tweede wedstryd op 17 Desember, teen die Walliese klub Scarlets (’n ou Pro14-teenstander), is ’n “tuiswedstryd” in Parma, Italië.
Die Cheetahs se tuiswedstryde word in die Stadio Sergio Lanfranchi gespeel. As voorwaarde vir die Vrystaters se deelname aan dié reeks, moes hulle instem om Italië as hul tuisbasis te gebruik.
Cheetahs-toerspan:
Agterspelers: Cohen Jasper, Tapiwa Mafura, Munier Hartzenberg, Daniel Kasende, David Brits, Robert Ebersohn, Frans Steyn, Reinhardt Fortuin, Siya Masuku, Rewan Kruger, Ruan Pienaar.
Voorspelers: Jeandré Rudolph, Daniel Maartens, Oupa Mohoje, Siba Qoma, Friedle Olivier, Rynier Bernardo, Mzwanele Zito, Victor Sekekete (k), Marnus van der Merwe, Louis van der Westhuizen, Marko Janse van Rensburg, Aranos Coetzee, Marné Coetzee, Schalk Ferreira, Mzamo Majola, Hencus van Wyk.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie