• Tuisblad
  • Sport
  • Chelsea-baas se Britse bates bevries, maar span mag bly speel
Roman Abramovich verlede jaar nadat sy span, Chelsea, die eindstryd van Fifa se Wêreldklubtoernooi teen Palmeiras in Abu Dhabi gewen het. Foto Getty Images
Roman Abramovich verlede jaar nadat sy span, Chelsea, die eindstryd van Fifa se Wêreldklubtoernooi teen Palmeiras in Abu Dhabi gewen het. Foto Getty Images

Chelsea-baas se Britse bates bevries, maar span mag bly speel

Sokker
Chelsea se sokkerspan mag vir die afsienbare toekoms geen kaartjies vir wedstryde verkoop nie, met slegs seisoenkaartjiehouers wat by kragmetings op Stamford Bridge toegelaat sal word.

Dít volg nadat die Britse regering Donderdag gelas het dat Roman Abramovich, Russiese eienaar van dié Engelse Premierliga-klub, en ses ander Russiese sakemanne se Britse bates bevries word.

Die Britse regering sê dié Russe, wie se rykdom gesamentlik op £15 miljard (bykans R300 miljard) geskat word, is by die sanksielys gevoeg vanweë hul verbintenis met die Russiese president, Wladimir Poetin.

“Daar kan nie veilige hawens wees vir diegene wat Poetin se wrede aanval op Oekraïne ondersteun nie,” het Boris Johnson, die Britse eerste minister, gesê.

Abramovich het Chelsea vroeër te koop aangebied omdat hy gevrees het dat daar sanksies teen hom ingestel sou word.

Volgens die Britse regering mag Chelsea nie verkoop word terwyl Abramovich se bates gevries is nie. ’n Spesiale lisensie is wel aan Chelsea toegestaan sodat hy kan voortgaan met sy sokkerbedrywighede en dat werknemers van die klub steeds hul salarisse kan ontvang.

Dis egter onderworpe aan sekere vereistes, soos dat kaartjieverkope gestaak word en slegs seisoenkaartjiehouers nou die span se tuiswedstryde mag bywoon.

– Reuters, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!