Cheslin Kolbe sê nee vir R55 miljoen
Rugby
’n Salaris van R11 miljoen per seisoen oor vyf jaar, werksekerheid, loopbaangeleenthede by ’n multinasionale maatskappy vir sy vrou, ’n huistoelaag, geborgde motor en lonende “ambassadeurskap” vir ’n maatskappy.
So het die pakket gelyk wat die Westelike Provinsie saamgestel het om aan Cheslin Kolbe se eise te voldoen vir ’n skokskuif van die Franse klubspan Toulon na die Stormers toe.
Dié kontrak sou vyf jaar gegeld het, waarna Kolbe seker sou gewees het van werk in die korporatiewe sektor, indien hy daarna uit rugby sou tree. Die R11 miljoen sou ’n bybetaling van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie ingesluit het. Toulon was ook bereid om Kolbe van sy bestaande kontrak vry te stel.
Net toe die Kaap se rugbybase gedink het dat hulle hul man ingekatrol het, het Kolbe se agente egter laat weet dat hy van plan verander het.
“Veiligheid en sekerheid in Suid-Afrika” is as die rede gegee, het ’n betroubare bron aan Netwerk24 gesê.
Kolbe (28) het in reaksie op Netwerk24 se eerste berig op sosiale media ontken dat hy self gesê het “veiligheid en sekerheid” is die rede waarom hy nie die aanbod aanvaar het nie.
Netwerk24 het ’n woordvoerder vir Kolbe se agente genader vir ’n onderhoud, maar Kolbe het dit nie toegestaan nie.
Volgens ’n ingeligte kon die WP nie Kolbe se salaris bekostig nie, maar sou ’n derde party ’n groot bybetaling gemaak het. Dit het Kolbe se koms na die Kaap ’n bereikbare doelwit gemaak.
Rapport het op 26 Junie berig dat die WP na Kolbe vry. Toulon het toe by monde van sy president, Bernard Lemaître, gesê dat hy nie oor ’n vrystelling genader is nie en dat hy verwag dat Kolbe volgende seisoen weer in die suide van Frankryk sal aanmeld.
’n Ingeligte het aan Netwerk24 gesê dat die WP nooit vir Kolbe oor ’n skuif genader het nie. Die kontak het van die speler se kant deur sy agente gekom. Terwyl die WP in die mark was vir ’n hoëprofiel-speler om vir Warrick Gelant te vervang, was sy base onder die indruk dat ’n speler van Kolbe se profiel onbekostigbaar sou wees. Dit is toe dat werk daarvan gemaak is om wat onmoontlik gelyk het, ’n werklikheid gemaak.
Die WP – onder administrasie van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie – bly egter ’n unie wat sy geld met omsigtigheid bestee en sou ’n derde party moes vind om Kolbe te kon werf. Dít het hulle gekry, maar die skuif het deur die mat geval toe Kolbe op die nippertjie ’n U-draai gemaak het.
Kolbe het van 2013 tot 2017 vir die WP en Stormers in onderskeidelik 47 en 49 wedstryde verteenwoordig. Hy het hom in 2017 by die Franse klubspan Toulouse aangesluit en verlede jaar Toulon toe geskuif.
– republikein.com.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie