Chevrons kruis swaarde met Eagles
Krieket
Zimbabwe is op pad vir die eerste van twee hoogs opwindende toernooie in Windhoek.
Die ope geheim van Zimbabwe se gretig afgewagte toer na Namibië vandeesmaand vir vyf internasionale T20-wedstryde is gister deur Krieket Namibië aangekondig.
Afrigter Pierre de Bruyn hou steeds sy kaarte naby die bors wat die aankondiging van sy spelersgroep betref vir die stryd teen die Chevrons, wat erg in hul eer gekrenk is toe Namibië hulle laas op eie bodem ’n bloedneus gegee het.
Die gasheerliggaam sê in sy verklaring: “Krieket Namibië is opgewonde om ’n mylpaal in die land se krieketgeskiedenis te onthul. Ons verwelkom vir die eerste keer ons toetsspelende buurland, Zimbabwe, in die Land of the Brave vir ’n volwaardige reeks.
“Die Castle Lite-reeks dek die tafel vir vyf opwindende wedstryde tussen die Richelieu Eagles en Zimbabwe se Chevrons, wat vanaf 24 tot 30 Oktober by Wanderers in Pionierspark en by United in Olympia beslis word.
“Die Eagles se laaste ontmoeting met die Chevrons was tydens ’n aangrypende reeks in 2022 by die Queens-sportklub in Bulawayo. Die span onder kapteinskap van Gerhard Erasmus en afrigterskap van De Bruyn het toe ’n geskiedkundige eerste reekssege met 3-2 beklink.
“Voorbereidings vir die Afrika T20 Wêreldbeker-kwalifiseerder is aan die gang, en hierdie komende Castle Lite-reeks is dus meer as bloot ’n botsing tussen Namibië en Zimbabwe.
“Die reeks bied ’n voorsmakie en opwarming vir beide spanne ter voorbereiding op die ICC se kwalifiserende T20 Wêreldbekertoernooi in November in Windhoek.
“United en Wanderers sal volgende maand opnuut die velde wees waar Namibië en Zimbabwe saam met vyf ander Afrika-spanne om twee goue kaartjies na die groot verhoog van die volgende T20 Wêreldbeker (Junie 2024 in die VSA en Wes-Indiese eilande) sal meeding.
“Krieket Namibië nooi die publiek om agter die Eagles te verenig en deel van hierdie opwindende geleentheid te word.”
DIE REEKS SE PROGRAM
Dinsdag en Donderdag 24 en 25 Oktober (14:00) by Wanderers.
Vrydag 27 Oktober (14:00) by United.
Sondag 29 Oktober (11:00) by United.
Maandag 30 Oktober (14:00) by United.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie