Chrysander aan stuur vir Curriebeker-aanslag
Rugby
Die Curriebeker eersteliga het ook in 2023 'n mate van Europese invloed met die insluiting van twee klubs.
Die Namibiese Welwitschias se bestemde terugkeer na deelname aan die 2023 Curriebeker eersteliga, vir die eerste keer sedert 2018, gaan gepaard met ’n veranderde kompetisieformaat waarin twee Europese klubs ook ingesluit is om saam met die Suid-Afrikaanse provinsiale unies, asook spanne van Kenia en Zimbabwe mee te ding.
Diables Barcelona, ’n Spaanse beroepsklub, het in 2021 met deelname aan die Toyota-uitdaagtoernooi sy toetrede tot die Suid-Afrikaanse toneel gemaak.
Die Israeliese franchise Tel Aviv Heat, wat in die Europese Superbeker meeding, is ook in die Curriebeker eersteliga ingesluit. Tel Aviv Heat het op 17 Desember in die eindstryd van die Europese Superbeker gespeel, maar is deur die verdedigende titelhouer Black Lion van Georgië met 29-17 verslaan.
Die Namibiese flank Prince !Gaoseb was in 2022 die spankaptein van Tel Aviv Heat, met sy gewese Unam-spanmaat Max Katjijeko (slot) wat saam met hom in die finaal in Tblisi gespeel het.
Beide !Gaoseb en Katjijeko is tans saam met hul Namibiese spanmaats wat reeds verlede week by die Hage Geingob-stadion hul voorbereiding op die komende seisoen begin het. Dit is egter nog nie bevestig waar dié twee Namibiese Wêreldbeker-spelers van 2019 vanjaar gekontrakteer sal wees nie.
’n Uitgebreide groep van sowat 76 spelers is tans vier dae per week aan die oefen, insluitend spelers van die Noorde en die kus wat ook aan ’n kondisioneringsprogram en -toetse onderwerp word.
Verskeie opvallende aansluitings sluit in Danco Burger, gewese Shimlas-senter wat tot laas jaar klubrugby in Pole gespeel het, en Mahepisa Tjeriko, slot van Unam en Namibië (elf toetse in 2017 en 2018) wat ’n terugkeer maak ná korrektiewe operasie aan die kniebeserings wat hom buite rekening vir die 2019 Wêreldbeker gehou het.
Nuwe gesigte sluit ook in WP Eloff, ’n 28-jarige stut wat sy loopbaan by Affies in Pretoria en ook kontrakte by die Cheetahs en Racing 92 in Frankryk gehad het. Sy jonger broer Cabous het sedert 2020 altesame 37 Superrugby-wedstryde vir die Melbourne Rebels gespeel, insluitend 14 wedstryde (tien in die beginspan) verlede jaar.
Na verneem word, kwalifiseer WP Eloff om vir Namibië gekies te word – net soos die losvoorspeler (ook slot) Francois Jones, ’n gewese Shimlas-speler wat ook die provinsiale spanne van die Cheetahs verteenwoordig het.
WEDSTRYDSKEDULE
Volgens die Namibië Rugby-unie (NRU) se voorlopige wedstrydprogram word beplan dat die Curriebeker-kampioen van 2022, die Pumas, ’n kort voorseisoense besoek aan Windhoek kom aflê. Vriendskaplike wedstryde is vir Woensdag 1 Maart en Saterdag 4 Maart geskeduleer.
Die Welwitschias se program sien soos volg daar uit:
25 Maart: teen Grens Bulldogs in Oos-Londen.
1 April: teen SWD Arende in Windhoek.
8 April: teen Valke in Windhoek.
15 April: wegwedstryd teen Zimbabwe.
22 April: teen Tel Aviv Heat in Windhoek.
29 April: wegwedstryd teen Diables Barcelona (moontlik in Johannesburg).
6 Mei: teen Luiperds in Windhoek.
13 Mei: teen Kenia in Windhoek.
20 Mei: afnaweek.
27 Mei: teen Boland Kavaliers in Windhoek.
3 Junie: teen Oostelike Provinsie Kings in Windhoek.
Die semifinale is vir 10 Junie geskeduleer, en die eindstryd ’n week later.
AFRIGTERSPAN
Chrysander Botha sal as hoofafrigter van die Namibiese Welwitschias dien, met sy ondersteuningspan wat ook intussen deur die NRU bevestig is, nadat poste verlede jaar geadverteer is.
Rohan Kitshoff en David Philander is onderskeidelik as voorspeler- en agterlynafrigter aangestel.
Die Namibiese o.20-span se twee nuwe afrigters wat dié taak by Botha oorneem, is Ryan de la Harpe en Jaco Engels.
Engels, wat terug in Windhoek is ná die verstryking van sy tyd as afrigter van Strela Kazan in Rusland, sal as skrumspesialis sy insette by die o.20’s, die Curriebeker-groep asook die nasionale toetsgroep lewer.
Sergio de la Harpe se rol as krag- en kondisioneringsafrigter is ook soos gewoonlik uitgebrei om al die genoemde spanne in te sluit.
Allister Coetzee, hoofafrigter van die Namibiese toetsspan, sal in die Curriebeker-aanslag die verdedigingsafrigter wees.
• BYGEWERK: Die verwysing dat Cabous Eloff en WP Eloff dieselfde persoon is, is nie korrek nie.
WP Eloff is die ouer broer wat tans saam met die Namibiese groep oefen.
Cabous het geen sulke voornemens nie en is op sy eie koers om vir die Wallabies te kwalifiseer.
Meer hieroor in môre se uitgawe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie