Die Namibiërs en beamptes met hul silwermedaljes ná die eindstryd wat hulle Sondag teen Zimbabwe in Kenia met 14-19 verloor het. Foto Facebook/Kenia Rugby
Die Namibiërs en beamptes met hul silwermedaljes ná die eindstryd wat hulle Sondag teen Zimbabwe in Kenia met 14-19 verloor het. Foto Facebook/Kenia Rugby

Chrysander behou geloof ná o.20's vasval

Rugby
In sy onderhoud ná die eindfluitjie het afrigter Chrysander Botha gesê individuele foute het Namibië gesink, terwyl Zimbabwe sy kanse vir punte aangegryp het soos dit in 'n eindstryd hoort.
Andrew Poolman
Namibië het 'n waardevolle kans gekry om die stand van sy volgende geslag rugbyspelers deur te kyk – wat met 'n belowende, dog ietwat wisselvallige rapport uit Nairobi terugkeer.

Die jong Namibiërs het Sondagmiddag met 14-19 teen Zimbabwe in die eindstryd van die 2022 Rugby Afrika Onder 20 Barthés-bekertoernooi vasgeval, nadat hulle rustyd reeds met 6-11 agter was.

In teenstelling met vier dae tevore, toe hulle met 'n kliniese en meedoënlose vertoning vir Kenia met 16-5 onttroon het, was Sondag se vertoning vol ongedwonge foute.

Oela Blaauw, die skrumskakel en kaptein, en heelagter Geraldo Beukes het tussen hulle onderskeidelik ses en twee skoppunte pale toe verbrou, maar dit was ewe veel die drie kere wat Beukes strafskoppe kantlyn toe gemik en eerder agter die hoekvlag uitgeskop het, wat die jongspan van momentum beroof het.

Zimbabwe se eerste drie ná 24 minute het Namibië geskok, toe 'n vinnige teenaanval van 'n los skop die linkervleuel Liberty Sibanda in staat gestel het om tussen die verdedigers deur te sny.

'n Motreën gedurende die tweede helfte wat later tot stortreën ontwikkel het, het bygedra tot die kleitrappery. Brian Bayer, wat as skrumskakel opgestuur is, is agter 'n losskrum betrap toe hy van rigting verander en die bal losgespat het om Zimbabwe hul deurslaggewende tweede drie te besorg.

Bernd Beddies, plaasvervanger-stut, het Namibië se enigste drie gedruk nadat eers agtsteman Riaan Grové en toe hy die bal opgetel en vorentoe gedryf het.

Oela Blaauw (strafdoel) en Geraldo Beukes (twee strafdoele) was die span se ander puntemakers in die antiklimaktiese vertoning.

Nadat Kenia en Namibië die kontinentale o.20-toernooi die afgelope jare oorheers is, sal dié triomf 'n hupstoot vir Zimbabwe rugbyvooruitsigte wees.

In sy onderhoud ná die eindfluitjie het afrigter Chrysander Botha gesê individuele foute het Namibië gesink, terwyl Zimbabwe sy kanse vir punte aangegryp het soos dit in 'n eindstryd hoort.

"Dis beslis nie hoe ons wou afsluit nie, maar ek glo van hierdie jongmanne sal in die toekoms deurbreek om vir Namibië se senior span te speel. Ons behoort nie te krities te wees nie en moet hulle eerder ondersteun en leiding gee. Ons sal intussen 'n kerngroep identifiseer om vir volgende jaar se o.20-toernooi voor te berei."

Dit was vooraf reeds bekend dat Wêreldrugby sy jaarlikse Onder 20 Trofee-toernooi vir 2022 gekanselleer het en dat kwalifisering hiervoor dus nie 'n beloning vir die Afrika-wenner sou wees nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!