Coetzee, Chamberlain maak maalvleis van Schapies
Bergfietsry
Drikus Coetzee en Wilmien Chamberlain het Saterdag onderskeidelik die mans- en vroueresies van die Mabaruli-Schapies bergfietsuitdaging oor 261 kilometer by die Ankawini Safari Ranch naby Dordabis gewen.
Coetzee het die hoofresies in agt uur 24 minute teen ’n gemiddelde spoed van net meer as 31 km/h afgelê en sy tyd van verlede jaar met 40 minute verbeter.
Kai Pritzen was tweede met 9:47 en Pierre Lambert derde in 10:47.
Chamberlain was die enigste brawe vrou wat die 261 km-roete aangepak het en het algeheel vierde geëindig.
Die korter, maar nog steeds uitdagende 143 km-roete is deur Jean-Paul Burger ingepalm (5:13), met Johan de Beer en Ruan Kotze saam in 5:24 oor die eindstreep.
By die 143 km vroue het Melissa Hinz haar peil gewys en die eerste posisie in 5:15 opgeraap en eindig algeheel tweede.
Ná Hinz beklink Marissa Mouton (5:23) en Risa Dreyer (5:49) onderskeidelik die tweede en derde plekke. Mouton maak algeheel derde klaar, terwyl Hinz haar tyd van 2021 met bykans 30 minute verbeter.
Sven Strohmenger, hooforganiseerder, sê: “Die Ankawini Safari Ranch is ’n ongelooflike venue en die atmosfeer was lekker feestelik met die families. Die 16 ryers wat die 261 km-roete gery het, het Saterdagoggend twee-uur weggespring, terwyl die ongeveer 60 deelnemers aan die 143 km om 04:30 in die pad geval het.
“Ons het nie van die kinders vergeet nie en hulle het hul eie Schapies-kompetisie gery en die aand het ons vir hulle ’n skattejag gehou. Die oudste deelnemers het die Mutton-prys ontvang wat na die 68-jarige Jacques Maree (7:03) en 66-jarige Christiane Thiessen (10:49) gegaan wat die 143 km suksesvol voltooi het.”
• Coetzee het onlangs ook die Namib Double Century-bergfietsuitdaag oor 200 km gewen. Hy het dié roete in 7:02:38 kafgedraf, voor Martin Freyer (7:14:45) en Tobie Gerber (7:53:46).
By die solo-vroue het Claudia Bredenhann (8:29:36), Risa Dreyer (9:12:01) en Irene Steyn (9:15:26) die topdrie posissies gevat.
Talle ryers slyp tans in sulke marathonkompetisies vir die komende Nedbank Desert Dash in Desember. Van Namibië se bekendste vroueryers wat oor 41 dae die Dash solo gaan ry, is Maike Bochert, Courtney Liebenberg, Rebecca Robisch (Duitsland), Irene Steyn en Marion Schonecke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie