Coetzee en De Villiers presteer in gure onweer

Bergfietsry
Tielman Van Lill
Die gemengde span van Drikus Coetzee en Yolande de Villiers (Coopetto/Davin Trust) het Saterdag ná nege uur 59 minute 36 sekondes algeheel tweede in die Trans Baviaans bergfietsuitdaging oor 230 kilometer in die Wes-Kaap geëindig

Hulle is vir die tweede agtereenvolgende jaar die kampioene in die gemengde afdeling.

Coetzee-hulle het wel nie in hul ambisieuse doelwit geslaag om algeheel eerste voor al die manspanne te eindig nie, maar het steeds geskiedenis gemaak om vir die eerste keer ’n gemengde span tweede op die algehele podium te kry.

Vir dié prestasie moes hulle die tweemanspanne in ongure weer met reën, modder en ysige koue uitstof. Die duo was verlede jaar algeheel derde en eerste in die gemengde spanafdeling.

Die driemanspan van Gawie Combrinck, Gerrit de Vries en Nico Bell (Team Uncle Fish), was eerste in 9:43:49, met Pitstop Sport 2 van Malcolm Isaacs en Conway Oliver derde in 10:21:45.

Coetzee het aan Republikein gesê: “Die weer was rêrig sleg en die kompetisie was taai. Iets soos 700 ryers het nie klaargemaak nie en ek dink dit is sekerlik die stadigste wentyd waarmee dié kompetisie nóg gewen is.

“My fiets se agterrem het die gees gegee; ek moes vir omtrent 140 km met net my voorrem sien en kom klaar. Omrede ons die fietse by een van die kontrolepunte afgesluit het, was ons met 20 minute gestraf. Maar ons is nog steeds tweede en die beste gemengde span!”

De Villiers het vertel: “Ons het dit baie geniet. Die vertikale klimhoogte tydens die resies is in totaal bykans drie kilometer. Drikus was van die begin tot die einde ’n monster en het nie geskroom om voor te jaag nie.

“Vir die eerste 120 km het dit aanhoudend gereën. Jou hande en voete is so koud dat jy geen gevoel het om iets te doen nie. Ek het in ’n stadium gedink hulle moet eerder die resies stop, want ryers kan hipotermie opdoen en dis gevaarlik. Ek kon nie my kos uithaal om te eet nie; aan die einde van die resies het ek swaargekry en die prys daarvoor betaal.

“Dit was chaos toe Drikus se agterrem ingegee het. Dis baie gevaarlik op die afdraandes en hy moes omtrent versigtig wees, anders vlieg hy weer oor die stuurstang.

“Ons praat nog nie van amptelike syfers nie, maar Saterdag het die organiseerders gereken omtrent 700 deelnemers het weens die omstandighede onttrek. Dit moet sekerlik ’n rekordgetal onttrekings wees.

“Ek en Drikus is geestelik baie sterk en dit het die verskil gemaak. Ons is mos maar harde koppe wat definitief nie gaan ophou ry nie. In Drikus het julle ’n geweldige groot ambassadeur en uitvoerproduk. Drikus is ’n held; hy het mooi na my gekyk. Hy is altyd welkom hier.

“Ons twee was laasjaar algeheel derde. Nou tweede, volgende jaar gaan ons beslis algeheel wen! Ons is beslis besig om hierdie byeenkoms se geskiedenis te herskryf.”

Die resiesbegin by Willowmore en eindig by Jeffreysbaai.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!