Coetzee en Wahlers wen kontinentale goud
Boogskiet
Hul kompetisie in Nabeul het nie wonderlik begin nie, maar die Namibiese paar het sterk geëindig toe dit werklik tel.
Jacqueline Coetzee en Lutz Wahlers het elkeen ’n goue medalje vir Namibië by die 13de Afrika-boogskietkampioenskap in Nabeul, Tunisië, verower.
Altesaam 84 boogskutters van 20 lande regoor Afrika het aan die kampioenskap deelgeneem.
Terwyl Coetzee haar medalje in die saamgesteldeboog-afdeling (compound bow) opgeraap het, het Wahlers sy kontinentale titel in die standaardboog-kompetisie (bare bow) gewen.
Quinn Reddig het algeheel sewende in die terugbuigboog-afdeling (recurve bow) vir vroue geëindig.
Volgens Coetzee het hulle op die eerste dag met amptelike oefenrondes begin, waarna die kwalifiseringsrondes gevolg het. Deelnemers het eers 72 pyle in twee rondtes geskiet om volgens die uitslae op ’n ranglys geplaas te word. Redding het sewende geëindig, terwyl beide Coetzee en Wahlers eerste geplaas was. Weens die paar se ranglysposisie het hulle vir die goue medalje-ronde gekwalifiseer en hier hul kompetisie uitgestof.
Coetzee sê dit was senutergend om vir die goue medalje te skiet. Maar sy sê dit was ’n absolute voorreg om Namibië te kan verteenwoordig en ’n goue medalje huis toe te bring.
“Bly toegewyd, werk hard en jy sal die vrugte pluk!” het Coetzee gesê.
Wahlers sê die mense wat hom ondersteun en diegene vir wie hy tydens sy deelname ontmoet het, is vir hom ewe waardevol as die goue medalje wat hy beklink het. Hy glo ’n boogskutter sal nooit ophou om elke keer iets te leer nie en dis wat hom na dié sport aantrek en waarom hy dit geniet.
“Ek is gek oor die sport,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie