Die Comrades ultra-marathon se roete is vanjaar 2,2 km korter as verlede jaar.
Die Comrades ultra-marathon se roete is vanjaar 2,2 km korter as verlede jaar.

Comrades-knoeiers leer duur les

Padwedlope
Tielman Van Lill
Die legendariese Comrades-ultramarathon is die eerste keer op 24 Mei 1921 met 48 deelnemers gehardloop.

Die 96ste Comrades vind Sondag in KwaZulu-Natal plaas, maar 25 Suid-Afrikaanse atlete wat glo met hul inskrywings geknoei het, sal nie saam wegspring óf gou weer vir die elite kompetisie mag inskryf nie.

Vanjaar se wedloop is afwaarts, vanaf Pietermaritzburg na Durban oor die afstand van 87.7 kilometer.

Volgens ’n verklaring deur die Comrades-marathonvereniging (CMA) het hulle 25 atlete gediskwalifiseer wat valse inligting omtrent hul kwalifisering verskaf het. Die atlete sal ook nie volgende jaar of in 2025 vir die Comrades oorweeg word nie.

Rowyn James, die CMA se wedloopdirekteur, sê: “Indien hardlopers uitgevang word wat op enige manier gekul het deur valse kwalifiserende besonderhede te verskaf of tydens ’n wedloop ’n uitslag bewimpel het, sal summier geskors word. Sulke optrede skend die aansien van die sport, die CMA en minag ook mededeelnemers.”

Die 25 oortreders wie se name deur die CMA weerhou word, is van die volgende atletiekklubs: Chiltern Harriers, Collegians Harriers, Phuma, Protea Striders, Save Orion, Team Vitality, Woodview (almal KZN), Chillie Running, Diepkloof, Irene, Jozi X Training, Run Zone, SAPG, Sunward Striders, Thorn Tree Striders, (almal Gauteng), Celtic Harriers (Wes-Kaap), Top Runners (Vaaldriehoek), Sasolburg (Vrystaat) Run Walk For life NWN.

Verskeie Namibiërs sal ook soos gebruiklik Sondag die uitdaging takel.

Vanjaar se roete is weens padwerke tussen Pietermaritzburg en Durban sowat 2.2 kilometer korter as verlede jaar en die kanse word dus as goed beskou dat rekordtye gehardloop sal word.

Die aandag is veral op die vroueresies en Gerda Steyn van Suid-Afrika se aanslag om Frith van der Merwe se af-rekord van vyf uur, 54 minute 43 sekondes te oortref – wat reeds sedert 31 Mei 1989 opgestel is toe Van der Merwe, destyds ’n 25-jarige onderwyseres van Benoni, algeheel 15de uit die duisende hardlopers geëindig het.

Dit was in daardie wedloop wat Van der Merwe ’n voormalige gouemedaljewenner Graeme Fraser verbygesteek het. Nadat hy vooraf gesê hy sal ophou hardloop as ’n vrou hom die dag klop, het hy op daardie oomblik gestop, omgedraai en teruggehardloop na sy huis, wat nie ver van daar was nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!