Connor en maats terug in Davisbeker-aksie
Tennis
Bevordering na die wêreldwye Groep Twee is vandeesweek die doelwit van die agt mededingende lande.
Die veggees van Connor van Schalkwyk en sy vier Namibiese spanmaats bots dié week opnuut met die ambisie van sewe ander nasies in die Davisbeker Afrika Groep 3-toernooi in Pretoria.
Connor en sy ouboet Codie hervat hul spanwerk met Nguvi Hinda (23), Steyn Dippenaar (20) en Daniel Jauss (18).
Connor beklee loshande die hoogste posisie op die junior wêreldranglys (36ste aan die einde van verlede jaar). Hy het reeds blootstelling op die hoogste vlakke begin kry met deelname aan onder meer die VSA Junior Ope (tweede ronde gehaal), Junior Wimbledon en die Junior Franse Ope.
Die hardebaanwedstryde begin môre by die Universiteit van Pretoria se Hillcrest-kampus en duur tot Saterdag.
Vandeesweek se agttal lande (Algerië, Benin, Namibië, Senegal, Togo, Ivoorkus, Suid-Afrika en Zimbabwe) ding aanvanklik in twee groepe van vier mee. Op grond van hul eindposisie in die groep sal daarna die bepalings vir die oorkruis uitspeelwedstryde vir die finale plekke gedoen word.
Drie lande word volgende jaar na die Wêreldgroep Twee bevorder, terwyl die onderste twee lande gerelegeer word.
Verlede jaar se jeugdige Namibiese span by die Davisbeker Afrika Groep 3 tennistoernooi in Algiers het vriend en vyand beïndruk.
Uit die agt betrokke nasies het Namibië op ’n haarbreedte na nie die topdrie gehaal wat bevordering na die gesogte Wêreldgroep Twee kon verwerf nie.
Connor van Schalkwyk (verlede jaar 17) en sy ouboet Codie (toe 20) het vir vier dae lank daagliks reusewerk verrig, wat met hul spangees en landstrots bewondering afgedwing het.
“Julle spelers was soos krygers op die baan. Ek is so trots op jou span. Julle het ’n uitstekende taak verrig,” het die toernooidirekteur agterna aan die spankaptein Gerrie Dippenaar gesê.
Connor van Schalkwyk, in sy derde Davisbekertoernooi sedert sy debuut in 2019, is net in een enkelspelwedstryd geklop, naamlik teen die uiteindelike kampioenspan Marokko.
Al die ander wen- of verloortellings vir die Namibiese paar was met 2-1, met die dubbelspelwedstryd wat telkens deurslaggewend was en waarin selfs die “groot” tennislande in die kompetisie telkens in beide die enkel- en dubbelspelwedstryd tot diep in die derde stel gesleep is.
Die Namibiërs se uitslae verlede jaar in hul groepwedstryde in Algerië: Klop Kenia met 2-1; klop Algerië met 2-1; verloor teen Marokko 3-0; verloor promosie-uitspeel en bronsfinaal teen Zimbabwe 2-1.
Histories bly Namibië se beste eindposisie nóg in die Davisbeker toe hulle in 2018 Afrika Groep 3 gewen het, te danke aan Jean Erasmus (kaptein), Tukhula Jacobs, Deon van Dyk en Paul Schwieger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie