survival
survival

Connor-katastrofe oorleef

Tennis
Andrew Poolman
Namibië se Davisbeker-tennisspan het die katastrofiese verlies van sy topgekeurde speler Connor van Schalkwyk te bowe gekom en moedig baklei om Saterdag ’n waardevolle oorwinning teen Algerië te beklink.

Die uitslag behou Namibië se plasing in Afrika Groep Drie en het relegasie na Afrika Groep Vier afgeweer.

Van Schalkwyk het Donderdag by die Universiteit van Pretoria ’n skeur in die ligamente in sy enkel opgedoen tydens die taai dubbelspelwedstryd teen Senegal. Hoewel Namibië dié wedstryd met 2-1 beklink het en ook die vorige dag vir Zimbabwe met 2-1 geskok het, het die verlies van Van Schalkwyk die span se vooruitsigte ’n reusagtige knou toegedien.

In stede dat hul visier op die beloning van ’n moontlike bevordering na Wêreldgroep Twee kon wees (’n teiken waarvoor reeds lank gestreef word), het Vrydag se nederlaag teen Benin, ook met ’n vegtende 1-2, meegebring dat die span se geveg teen moontlik relegasie verskuif het.

Die rede hiervoor was dat Zimbabwe, Benin en Namibië die groepwedstryde met ewe veel punte afgesluit het en ná die uitendelike statistiese valbyl van hoeveel stelle elke span gewen of verloor het, is hulle in dié volgorde geplaas.

Met Connor op krukke langs die baan, is Daniel Jauss Saterdag teen Algerië as plaasvervanger in die enkelspel ingestuur, maar het met 1-6, 0-6 teen Toufik Sahtali verloor.

In die tweede enkelspelwedstryd het Codie van Schalkwyk vanaf ’n agterstand van een stel teruggeveg om Samir Hamza Reguig met 4-6, 6-1, 6-2 te klop.

Die kragmeting het dus opnuut van die dubbelspel afgehang, waar Codie saam met Steyn Dippenaar opnuuut met 4-6 agter geraak het, maar ysere wilskrag en landstrots getoon het om die volgende twee stelle met 7-6, 6-3 te beklink.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!