• Tuisblad
  • Sport
  • Conor McGregor slaan gelukbringer tot in hospitaal
Conor McGregor stuur die gelukbringer planke toe. Foto AP
Conor McGregor stuur die gelukbringer planke toe. Foto AP

Conor McGregor slaan gelukbringer tot in hospitaal

Gevegskuns
’n Miami Heat-gelukbringer het na bewering in die hospitaal beland nadat die gemengdegevegkunstenaar Conor McGregor hom by NBA-basketbalwedstryd met die vuis geslaan het.

Die publisiteitsfoefie, wat skynbaar rampspoedig geëindig het, het in rustyd in ’n kragmeting tussen die Heat en die Denver Nuggets gebeur (KYK: www.youtube.com/embed/0DrXl3ct0sk).

Burnie die gelukbringer, uitgerus in oorgroot goue bokshandskoene, is deur die Ierse hokvegter McGregor met ’n linkerhaakhou planke toe gestuur.

Die voormalige UFC-kampioen het nog ’n vuishou uitgedeel terwyl Burnie op die grond gelê het voordat die gelukbringer deur drie mense van die baan af gesleep is.

McGregor het Burnie met vloeistof uit ’n swart bottel gespuit terwyl die gelukbringer van die baan af gesleep is – die affêre was veronderstel om ’n pynverligtingsproei te bemark.

Die Independent berig die persoon in die gelukbringeruitrusting is na bewering vir behandeling na ’n hospitaal geneem.

Die Miami Heat sê die werknemer, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het pynmedikasie ontvang en sterk by die huis aan.

Dana White, president van die UFC, bevraagteken die gebruik van gelukbringers aan die ontvangkant van vuishoue deur “beroepsvegters” en sê dis waarskynlik nie die slimste idee ter wêreld nie.

Die voormalige swaargewigkampioen Deontay Wilder is in 2018 genooi om sy slaankrag op ’n warmbrak-gelukbringer te demonstreer en het glo die draer van die kostuum se kakebeen gebreek.

White het ná afloop van die McGregor-voorval gesê hy het albei voorvalle gesien.

“Wat het jy verwag?” sê hy.

“Wat is hierdie gebruik van gelukbringers wat deur beroepsvegters met die vuis geslaan word? Waaruit word daardie gelukbringer-uitrustings vervaardig? Mits jy die Golden Knights-gelukbringer is wat ’n metaalhelm dra, sal ek nie aanbeveel dat ’n beroepsvegter jou met die vuis slaan nie; dit kom nie as die slimste ding ter wêreld voor nie.”

Burnie word beskryf as ’n “rowwe, mensagtige uitbeelding van die vlam op die Heat se logo”.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!