Copper Queens weerstaan Jewels
Netbal
In ’n eindstryd wat deurgaans op ’n mespunt verloop het, was die Debmarine Desert Jewels gister die ongelukkige verslane finalis in bykomende tyd toe Zambië die Afrikabeker-netbaltitel in Gaborone beklink het.
In Namibië se geskiedkundige eerste verskyning in die eindstryd van die Afrikabeker-netbaltoernooi was sake meestal gelykop en die punteverskil feitlik in geen stadium meer as twee of drie punte nie.
Zambië was met 57-55 voor toe die eindfluitjie aan die einde van die bykomende tyd geblaas het.
By die Universiteit van Botswana se binnenshuise sportkompleks was die tellings aan die einde van die kwarte 13-11 (in Namibië se guns), 23-23; 33-35 (voorsprong aan Zambië) en 43-43.
Onder die Namibiese afrigter Julene Meyer en kaptein Anna Kaspar het die Jewels puik rekenskap van hulself gegee en goeie druk toegepas teen die fisieke Zambiërs. Net ’n paar foutjies in die bykomende tyd het die wedstryd uit Namibië se greep laat glip.
Sedert 2010 was Suid-Afrika (drie keer), Uganda (twee keer), Malawi (twee keer) en Zimbabwe (een keer) die enigste wenners van die Afrikabeker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie