Cosafa-bal aan die rol in Durban

Sokker
Namibië, die verslane finalis verlede jaar, open vanaand sy aanslag.
Limba Mupetami
Wanneer Namibië die gasheerspan Suid-Afrika vanaand in die Cosafabeker-toernooi se groep A aandurf (afskoptyd 18:00), kan sokkerondersteuners ’n blik op toekomstige sterre verwag.

Die toernooi in Durban duur tot 16 Julie, met groepwedstryde teen eSwatini (Saterdag) en Botswana (Dinsdag) wat volgende op afrigter Collin Benjamin se manne wag.

Garren Smith, fiksheidsafrigter, sê daar is geen beserings nie en die spelers is fiks.

Voor vanaand se langverwagte botsing in die King Zwelethini-stadion het Namibië hul enigste Cosafabeker-titel in 2015 gewen en was verlede jaar die verslane finalis teen Zambië.

Vir vandeesweek het Namibië 13 van die spanlede behou wat in die 2022 Cosafabeker diens gedoen het, met Benjamin wat die span se diepte wil bou en terselfdertyd ervaring aan nuwelinge wil gee.

SuperSport se statistiek wys dat Suid-Afrika en Namibië sedert 1998 in elf wedstryde slaags was. Bafana Bafana het sewe keer gewen, teenoor twee vir die Warriors en twee gelykopwedstryde.

Die spanne se laaste ontmoeting was ’n internasionale vriendskaplike wedstryd in Oktober 2020 in Rustenburg, wat met 1-1 geëindig het ná doele deur Luther Singh en Absalom Iimbondi.

WÊRELDRANGLYS

Hul mees onlangse Cosafabeker-stryd was in die plaat-halfeindstryd van 2018, met Suid-Afrika die wenners met 4-1 voordat hulle Botswana in die eindstryd vir die troosprys verslaan het.

Die mees onlangs vrygestelde Fifa-ranglys plaas Suid-Afrika as die topspan in die streek – nommer 62 op die wêreldlys en 12de op die Afrika-kontinent.

Namibië, hierteenoor, word tans 112de in die wêreld en 26ste in Afrika gereken.

Die heersende Cosafa-kampioen, Zambië, is die land met die tweede hoogste posisie in die streek (84ste ter wêreld en 16de op die vasteland).

Suid-Afrika se afrigter, Morena Ramoreboli, het dié week gesê elke speler vir wie hy opgeroep het, het by hul oefenkamp aangemeld.

“Die tegniese span het verseker dat die groep goed voorbereid is. Voor ons aankoms in Durban het ons ’n baie goeie oefenwedstryd in Pretoria teen Noordwes-universiteit gehad.

“Ons het ook reeds ons tegniese ontledings afgehandel. Cosafa is die tiope toernooi wat vir Bafana Bafana se plek op die ranglys baie belangrik is. Ons sal dus ons bes probeer om te wen en die beste uitslae te behaal.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!