Die Namibiese spelersgroep op die oefenveld aan die skaaf vir hul ontmoeting met Madagaskar. Foto verskaf
Die Namibiese spelersgroep op die oefenveld aan die skaaf vir hul ontmoeting met Madagaskar. Foto verskaf

Cosafa-vuurdoop vir Benjamin al nader

Sokker
'n Belangrike en insiggewende week wag op die Brave ­Warriors.
Jesse Jackson Kauraisa
Jesse Jackson Kauraisa

Namibiese sokker staan dié week voor ’n strawwe toets vir sy karakter en gereedheid onder die nuwe afrigter Collin Benjamin wanneer die nasionale span Madagaskar môre in die kwarteind­stryd van die Cosafabeker konfronteer.

Die wedstryd op sigself sal dalk nie Benjamin se volle vermoëns as afrigter opsom nie, maar sal Namibiërs ’n eerste kykie gee van wat hulle van hul nuwe hoofafrigter kan verwag.

Kort ná hul 1-1 gelykopuitslag in ’n vriendskaplike opwarmwed­stryd teen die SA premierligaklub Sekhukhune United, is bevestig dat Benjamin-hulle dalk vir môre se ontmoeting ’n paar spelers weens beserings sal moet ignoreer.

Die nuweling Uetuuru Kambato, asook Prince Tjiueza sal na verwagting die wedstryd misloop, terwyl daar steeds twyfel kaptein Dynamo Frederick weens ’n kniebesering is.

“Ons jaag teen tyd om Dynamo gereed te hê. Ons het volle vertroue in die mediese span op die grond,” het Benjamin gesê.

Die afrigter beskik egter steeds oor ’n bekwame spelersgroep wat hy reken môre die taak suksesvol kan afhandel.

Hy het sy tevredenheid uitgespreek oor die manier waarop die span hard op die oefenveld gewerk het. Hy sê hulle het ’n idee hoe om Madagaskar onder druk te plaas.

“Ons het ’n baie goeie week in Pretoria gehad, aangesien ons baie aan ons verdedigingstruktuur gewerk het, asook ons oorgang na die aanval.

“Dit het ons ook ’n paar indrukke gegee oor moontlike kombinasies wat ons kan probeer,” het die afrigter gesê.

Vir Namibië het Kennedy Amutenya die kol getref in die vriend­skaplike wedstryd.

Benjamin het egter kennis geneem van die misverstand agterlangs wat gelei het tot die doel wat sy span afgestaan het.

DIE SPELERSGROEP:

Doelwagters: Kamaijanda Ndisiro, Edward Maova, Mbemutjiua Mata.

Defenders: Aprocius Petrus, Denzil Haoseb, Charles Hambira, Ivan Kamberipa, Tuli Ngenovali Nashixwa, Kennedy Amutenya.

Middelveldspelers: Marcel Papama, Wesley Katjiteo, Dynamo Fredericks, Immanuel Heita, Ngero Katua, Tjipenandjambi Karuuombe, Prinz Tjiueza, Steven Damaseb, Uetuuru Kambato, Wendel Rudath, Amseb Salomon, Absalom Iimbondi.

Voorspelers: Bethuel Muzeu, Lionell Routh, Godwin Eiseb. VINNIGE FEITE (die Brave Warriors in Cosafa)Grootste oorwinning: 4-1 tn Malawi (1997)

Grootste tuisoorwinning: 4-1 tn Malawi (1997)

Grootste oorwinning in ’n wegwedstryd: 4-1 tn Zimbabwe (2015)

Grootste tuisnederlaag: 0-1 tn Botswana (2003)

Grootste nederlaag in ’n wegwedstryd: 2-5 tn Zimbabwe (1998)

Wedstryd met meeste doele: 2-5 tn Zimbabwe (1998)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!