Craig groet met sege
Krieket
Craig Williams is gister by Wanderers-veld vir oulaas deur Krieket Namibië in sy laaste wedstryd vir die Richelieu Eagles teen die DP World Lions met die Gobal T20-toernooi tydens die APS pienk dag gegroet.
Ter afsluiting het hy die laaste boulbeurt afgestuur en die paaltjie van Ayavuya Myoli opgeraap.
Die 38-jarige Williams het sy eersteklas debuut vir Namibië teen Noordwes in Windhoek op 18 Oktober 2007 gemaak. Hy het in 18 internasionale eendagwedstryde (ODI) 488 lopies aangeteken en met 35 Internasionale T20’s 805.
Sy eersteklas lopies staan op 6 484 ná 93 kragmetings, in A-lys eendagkrieket (167 wedstryde) op 5 011 en T20-wedstryde (114) op 2 551 vir ’n totaal van 15 367. Hy het 26 honderd- en 87 vyftigtalle gevier en het 1 080 grenshoue en 251 sesse geslaan.
Williams het as bouler 117 eersteklas paaltjies vir 3 860 lopies teen gemiddeld 32.99 lopies in 1 094 boulbeurte met ’n ekonomie van 3.52 laat val. Hy het by vier geleenthede vyf paaltjies of meer geoes.
Afgesien van die blote syfers word Williams allerweë geprys vir sy inspirerende leierskap op die hoogste vlak wat nie net die huidige geslag Namibiese spelers nie, maar ook latere generasies sal aanhou inspireer.
• Die Namibiërs het gister ter afsluiting hul eerste oorwinning van die toernooi teen die Lions behaal, deur 183/8 op te stel en die Gautengers tot 162 te beperk.
Gerhard Erasmus (63 nie uit nie van 35 balle, en 2/1) is as speler van die wedstryd aangewys, terwyl Ruben Trumpelmann ook uitgestaan het met sy 49 lopies van net 29 balle. Beide dié kolwers het vyf sesse en twee viere geslaan.
Die gasheerspan is egter nie betrokke in die Global T20-finaal nie, wat vandag tussen die Lahore Qalandars en die Lions beslis sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie