Crystal Stream en Tierspoor baas op Rehoboth

Perdewedrenne
Jesse Jackson Kauraisa
Khomas Turfklub se Crystal Stream het Saterdag die A-wedloop oor 1 800 meter gewen wat die hoofitem van die dag by die Rehoboth May Day Winterbekerbyeenkoms by die Rehoboth-turfklub.

Rockley Beach van Okahandja Racing was in die tweede plek, terwyl Mboma derde geëindig het.

Die perdesportdag wat regstreeks deur die Namibia Media Holdings Network Television uitgesaai is, het 13 toprenne op die program gehad.

Die Nambred Maiden Graduation (1 000 m) is deur Tierspoor oorheers, gevolg deur Supporter en Right Win in die derde plek.

Die Nambred A- en D-ren oor 1 800 m is deur Black River gewen, terwyl Freedom Fighter tweede en Ekuva derde was.

In die 1 400 m Ope resies wat ook vir groot opwinding gesorg het, het aan Able Surprise die spogregte opgeraap, gevolg deur Fort Love en Starlile in die derde plek.

Die president van die Namibië Perdewedrenvereniging, Marthinus De Waal, het die perde-eienaars en jokkies vir hul ongelooflikke insette en voorbereiding geloof.

De Waal het Namibia Media Holding se NTV lof toegeswaai omdat hulle die geleentheid regstreeks gebeeldsend het.

“Ek wil almal bedank wat hierdie besonderse dag moontlik gemaak het. Veral die Rehoboth-turfklub en al die jokkies en perde-eienaars verdien applous.

“Ons wil ook vir NMH bedank wat aan boord gekom het om vir ons 'n regstreekse uitsending op hul DStv-kanaal 285 en op GOtv 94 te gee.

“Dis vir ons iets nuuts en ons waardeer dat die maatskappy uit hul pad gegaan het om die byeenkoms vir ’n groter gehoor uit te saai,” het De Waal gesê.

Die 1 000 meter D-resies is deur Kaapstad oorheers, met Unbroken Promises wat tweede geëindig het, terwyl Thomas Jefferson met die derde plek tevrede moes wees.

Die Graduation-kroon oor 1 000 m het aan Stoute Man gegaan, terwyl Forged in Flame die tweede plek behaal het met Sitting Bull derde.

Van die bekende perde wat by die geleentheid afwesig was, sluit in Visigoth, Von Trotha en Bring Me More.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!