Sergio de la Harpe, kondisioneringsafrigter van die Namibiese rugbyspanne, insluitend die Welwitschias. Foto Andrew Poolman
Sergio de la Harpe, kondisioneringsafrigter van die Namibiese rugbyspanne, insluitend die Welwitschias. Foto Andrew Poolman

Curriebeker-finaal weer in Junie

Rugby
Die Curriebeker word nie meer in Oktober gewen nie. Deesdae wen jy dit in Junie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Maandag aangekondig dat die Curriebeker-kompetisie se Premierliga vanjaar in Maart begin en die eindstryd op 24 Junie beslis sal word.

Vanjaar sluit die Griffons, wat verlede seisoen die Eerste Liga gewen het, hulle by die Pumas, Bulle, Griekwas, Haaie, Westelike Provinsie, Cheetahs en die Leeus in die Premierliga aan.

Daar is ook vyf internasionale spanne, die Diables (Spanje), Simbas (Kenia), Welwitschias (Namibië), Tel Aviv Heat (Israel) en die Goshawks (Zimbabwe), wat in ’n Mzanzi-uitdaagliga deel van die Eerste Liga vorm.

Dié vyf spanne sal saam met die Luiperds, Valke, Boland, Oostelike Provinsie, Grens en die SWD-Arende in ’n enkelronde om die Mzanzi-beker meeding.

Die Suid-Afrikaanse span met die meeste ligapunte aan die einde van die reeks sal as die Eersteliga-kampioen gekroon word.

Soos verlede seisoen die geval was, sal die Premierliga weer oor ’n dubbelronde beslis word.

In die Premierliga vir vroue sal sewe spanne sake uitspook – Grens, WP, OP, Boland, Bulle, Haaie en die Leeus.

Die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) vind op 27 Mei plaas, terwyl die Curriebeker-eindstryd vier weke later gespeel word.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!