Cycle Challenge paraat met Paratus
Fietsry
Paratus Namibië sal oor die volgende drie jaar die gewilde Cycle Challenge met N$260 000 borg, wat op 7 en 9 Oktober in die hoofstad aangebied sal word.
Die Cycle Challenge, ondersteun deur The Namibian, het sy ontstaan in 2000 gehad en vanjaar sal die 23ste weergawe wees. Soos in die verlede is die opbrengs vir die Windhoek Rotariërklub bestem.
Andrew Hall, besturende direkteur van Paratus Namibië, het gister gesê: “Omrede ek self fietsry, is ek baie opgewonde dat Paratus met die Cycle Challenge geassosieer gaan word.
“Ons is bevoorreg om vir die volgende drie jaar in ’n vennootskap met The Namibian en die Windhoek Rotariërklub te wees en die Cycle Challenge aan te bied. Ek kan julle verseker dat ons as span hierdie ’n suksesvolle byeenkoms sal maak. Ons Paratus-span wil baie graag die Cycle Classic tot nuwe hoogtes neem.
“Ek hoop om almal wat vandag hier is met die Cycle Challenge op hul fietse te sien.”
Rainer Ritter, president van die Windhoek Rotariërklub, het gesê: “Paratus is ’n baie dinamiese maatskappy en ons wil hulle vir die voortbestaan van die Cycle Challenge bedank.”
Tangeni Amupadhi, redakteur van The Namibian, sê: “Ons verbintenis met Paratus was in die verlede net oor telefoonsisteme, maar nou is ons in vennootskap met hulle. Oor fietsry kan ek uitgepraat raak nie. Sommiges mag dink dis net vir die elite bedoel, maar baie mense ry kruis en dwars deur Windhoek met hul fietse tussen die werk en huis en ons moet daai mense by die kompetisie betrek.
“Ek self gaan vanjaar aan my 23ste Cycle Challenge deelneem. Ek dink ons gaan ’n lang pad saam met Paratus stap. Baie dankie aan die Rotariërklub wat vir verskeie jare saam met ons die uitdaging aanbied. Laat die aksie begin!”
Die fietsryers Xavier Papo en Gerhard Mans Junior, asook Vaino Kali en Nick du Plessis as komiteelede van die Namibiese Fietsryfederasie was by die bekendstelling teenwoordig.
NASIONALE KAMPIOENSKAP
Die Namibiese Fietsryfederasie bied môre by Farm Windhoek die nasionale veldresiesbergfietskampioenskap aan.
Die 21-jarige Alex Miller is die gunsteling om sy derde elite manstitel op ’n streep te wen, wat hy verlede jaar kort ná sy Olimpiese debuut behou het.
Miller was die afgelope tyd in groot kompetisies in Europa bedrywig en is oorgehaal om volgende week na die Statebondspele in Birmingham te vertrek. Sy nasionale spanmaat Xavier Papo kan moontlik sy naaste uitdager wees, in die afwesigheid van Tristan de Lange en Hugo Hahn wat vanaf hul Europese basisse op hul Statebond-aanslag ingestel is.
Vir die nasionale vrouetitel is Courtney Liebenberg, wat verlede jaar met ’n besering afwesig was, waarskynlik die gunsteling. Die 2021-kampioenskap is deur Luanné van der Schyff van Swakopmund gewen.
Ander gedugte ryers in UCI-kategorieë sluit in Daniel Hahn en Kevin Lowe (junior mans), Bergran Jensen (o.23-mans) en Monique du Plessis (o.23-vroue).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie