Dam beoog ’n vinnige 800
Atletiek
David Dam van Namibië sal vanaand in Germiston, Gauteng, vir die 800 meter by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se vierde Kontinentale Grand Prix-byeenkoms aantree.
Dam het laas Woensdag in die Kenneth McArthur-stadion in Potchefstroom met ASA se vorige Grand Prix sy persoonlike beste tyd in die 800 opgestel toe hy in die derde plek met 1 minuut 51.43 sekondes geëindig het. Sy vorige beste was 1:53.38.
Hy was Saterdag weer op die baan in Germiston met die Sentraal-Gauteng senior kampioenskap, maar dié keer in die 1 500 m waar hy opnuut in 3:54.80 ’n persoonlike beste tyd in koue, winderige toestande kon aanteken.
Hy was in die B-wedloop en het sy vorige beste (3:56.51) met 1.71 sekondes oortref.
Bethold Karumendu, Dam se breier, het gesê: “Ons is reg vir sy laaste deelname hier voor ons huiswaarts keer. Dis goeie nuus dat hy dié keer vir die A-resies gekeur is.
“Dit sal ’n vinnige wedloop wees en ons hoop David kan onder 1:50.90 draai. Hy en ek sien geweldig uit daarna.”
• Die byeenkoms word van 18:00 tot 20:30 regstreeks op SuperSport Variety 4 uitgesaai.
Wees op die uitkyk vir Dam en die ander Namibiërs wat in aksie sal wees: die matriekmeisie Tuané Silver in die gewigstoot; Leeorr-el Breytenbach en Ryan Williams in die diskusgooi; Ivan Danny Geldenhuys in die 400 m en Andre Retief in die 400 hekkies.
OMANYALO ONDER 10 SEKONDES?
Afrika se vinnigste man in die geskiedenis oor 100 m, Ferdinand Omanyala van Kenia (9.77 s in September 2021 in Nairobi), mik vanaand na ’n sub 10-sekonde-wedloop in Germiston.
Omanyala het Woensdag die horlosie op 10.11 gestop om die 100 in Potchefstroom te wen.
Omanyala teen Akani Simbine, die Suid-Afrikaanse 100-rekordhouer (9.84, die vorige Afrika-rekord) sal vir vele kykers die hoofdis op die aand se program wees.
Maar die 26-jarige naelloper van Oos-Afrika wat die Afrika-rekord laasjaar in Nairobi opgestel het, is meer bekommerd om ’n vinniger tyd te hardloop as om Simbine in dié supernaelloopstryd te klop. Hy sien nietemin uit na sy tweestryd met die Afrika-kampioen.
Omanyala het gesê: “Ek hoop nie dit sal reën nie, want ons wil die ondersteuners waarde vir hul geld gee. Ek fokus nie te veel op Akani nie, maar ek wil teen die horlosie jaag en ’n vinniger tyd hardloop.
“Ons moet mekaar druk om vinniger te wees. Ek gaan kop-aan-kop teen die voormalige Afrika-rekordhouer nael. Ek is opgewonde en wil 'n wonderlike vertoning vir die ondersteuners lewer. My doelwit is om 9.96 of 9.95 te hardloop, afhangend van die weer op die dag.”
Omanyala gebruik die Grand Prix-reeks as deel van sy voorbereiding vir die CAA Senior Afrika-kampioenskap in Mauritius, asook die Statebondspele in Birmingham, Engeland.
Die Keniaan en Simbine het beide ook ambisie om in Augustus by die senior Wêreldkampioenskap in Oregon, VSA, op die podium te staan.
Omanyala is vol lof vir ASA se GP-reëlings sover.
“Die Grand Prix was goed georganiseer. Ek wens die Potch-byeenkoms het in die dag plaasgevind, want die aand het dit te koud geword. Ek is mal oor die organisering en is bly dit was regstreeks op televisie uitgesaai.
“Ander Afrika-lande kan baie by Suid-Afrika leer. Hulle gee atlete wat nie uit die land en vasteland kan kom nie, ’n geleentheid om mee te ding. Afrika-atlete kort mededinging, maar in Suid-Afrika is dit ’n ander storie. Die organisasie is topklas,” het hy gesê.
– Bygewerk van www.athleticssa.org.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie