Damon en Villet wêreld se beste paar
Gholf
Bertus Damon bevind hom in uitgelese geselskap as die enigste tweemalige wenner van die wêreldfinaal.
Bertus Damon en Hylton Villet van Windhoek het Saterdag in Mijas, Spanje, die Windhoek Lager Internasionale Parespelkampioenskap teen spanne van 38 ander lande gewen.
In die finale rondte by die La Cala Gholf Hotel & Spa het die twee met ’n enkele punt teen Kenia se broers Kush en Chand Shah geseëvier.
Die Namibiërs het met 91 punte geëindig, Kenia op 90, met Joao en Pedro Mansilha van Portugal derde met 88.
Damon het boonop geskiedenis gemaak deur die tweede keer dié gesogte titel in te palm. Hy het ook in 2019 in Portugal saam met Joseph Martin dié elite amateurkompetisie gewen.
Die Internasionale Parespelkampioenskap is ’n wêreldwye kompetisie vir klubspelers en word as die wêreld se grootste gholftoernooi bestempel. Die 2022-wêreldfinaal is die eerste keer sedert 2019 ná die Covid-pandemie aangebied.
Agt-en-dertig lande se spanne het vir die wêreldfinaal in Portugal gekwalifiseer deur hul nasionale kampioenskappe te wen. Lande soos Suid-Afrika, Zimbabwe, Uganda, Kenia, Nigerië, Denemarke, Finland, Ysland, Portugal en Spanje was verteenwoordig.
Uiteraard is Damon baie trots om die eerste speler te word wat die Internasionale Parespelfinaal ’n tweede keer kon tem.
“Ek is in my noppies met ons prestasie en baie bly dat ons Namibië kon trots maak. Dit was ’n baie moeilike gholfbaan, veral oor die tweede rondte, maar ons het vasgebyt en toe ons op die 18de putjie klaargemaak het, was ek vol vertroue dat ons genoeg gedoen het om die titel te verseker,” het Damon vertel.
Villet, met ’n 14-voorgee, het gesê: “Dit was ’n ongelooflike geleentheid wat aan ons gebied is om oorsee te reis en Namibië te verteenwoordig. Ons is baie goed behandel, het mense van ander lande ontmoet en dit reggekry om ons lande trots te maak. Ons kan Windhoek Lager nie genoeg vir hul ondersteuning bedank en wat hulle vir ons gedoen het nie.”
VOLMAAKTE GELUKHOU
Brenda Lens het ook by dié kompetisie in Spanje geskiedenis gemaak toe sy die eerste speler in die kampioenskap se geskeidenis geword het deur ’n volmaakte gelukhou te behaal.
Lens was nie bewus van haar prestasie nie en het eers daarvan bewus geword totdat lede van die TV-span haar ingelig het.
Lens en Zandra Kruger het algeheel derde ná twee Suid-Afrikaanse spanne geëindig.
Lens vertel:” “Dit is die eerste kolskoot in my loopbaan en ek speel al vir soveel jare gholf, ek kon dit eenvoudig nie glo nie. Ook om dit hier te doen terwyl jy Namibië verteenwoordig, is net ongelooflik. Ons is so dankbaar vir Windhoek Lager wat ons die geleentheid gegee het om hierheen te reis.”
Namibië het twee spanne in die vrouekompetisie gehad. Lydia Lumley en Julia Hart het vierde geëindig. Van Namibië se ander manspanne het Andrew van Schalkwyk en Hein Lintvelt algeheel negende geëindig, terwyl Lebeus Kangandjela en Edwin Kutara 12de uit 38 spanne geplaas is.
Danie Keulder van die Namibië Brouerye het die spelers gelukgewens.
“Windhoek Lager is geweldig trots op die Namibiërs se vertonings in Spanje. Dit was fantasties om die sukses van ons amateurs op internasionale vlak te beleef. Ons is trots om met amateurgholf vereenselwig te word.
“Ons doelwit is om die sportkode in Namibië te laat groei. Deur dié borgskap kan ons waarde tot hul lewens toevoeg en help om onvergeetlike herinering te skep wat hulle lewenslank kan koester.
“Windhoek Lager wil Africa Sports Management gelukwens met die fantastiese werk wat hulle gedoen het, asook die organisasie en aanbieding van die geleentheid.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie