Van links is Stanley Mareka (Danssport Namibipë se president), Randall Raubenheimer (Suid-Afrikaanse Danssportfederasie), Alta Hill, Edmund van Neel en Armand Hager (DSN). Foto Tielman van Lill
Van links is Stanley Mareka (Danssport Namibipë se president), Randall Raubenheimer (Suid-Afrikaanse Danssportfederasie), Alta Hill, Edmund van Neel en Armand Hager (DSN). Foto Tielman van Lill

Dans aan voorpunt van ontwikkeling

Danssport
Tielman Van Lill
Randall Raubenheimer van die Suid-Afrikaanse Danssportfederasie het gister by die Dagbreek Skool in Windhoek begin om lede van Danssport Namibië (DSN) met nuwe vaardighede in Latyns-Amerikaanse en Baldanse toe te rus.

Raubenheimer se weeklange kursus is deur die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) moontlik gemaak. Hy is ’n kampioenskapbeoordelaar van die Suid-Afrikaanse Danssportfederasie en die Wêrelddanssportfederasie (WDSF). Hy is ook ’n lid van die Internasionale Dansinstrukteursvereniging en het ’n graad in sielkunde.

Die kursus is slegs vir lede wat reeds oor danskwalifikasies beskik en by geregistreerde dansklubs betrokke is. Hulle sal volgens die WDSF se standaard en protokol opleiding van Raubenheimer ontvang.

Die Suid-Afrikaner het aan Republikein gesê: “Die eksamen wat die kursusgangers gaan skryf, is ’n internasionaal erkende eksamen van die WDSF. Ons wil graag die plaaslike dansers in Namibië só oplei dat hulle Namibië in die toekoms globaal kan verteenwoordig.

“Wanneer ’n dansafrigter reg opgelei is, kan hy of sy nie met hul afrigting en studente misluk nie. Ons sal dié week hard werk om DSN se lede tot die beste van hul vermoëns met nuwe tegniek en kennis toe te rus.

“Vandeesweek sal ons net op die Latyns-Amerikaanse kode fokus, wat DSN verkies het om eerste te doen. Ek sal Namibië weer moet besoek om die baldanskursus en -eksamen aan te bied.

“Daar is verskeie reëls en regulasies van die WDSF waaraan beoordelaars moet voldoen. Dis belangrik dat die Namibiese beoordelaars hierdie die hoë internasionale vereistes nakom om hul kennis aan student en dansers oor te dra.

“Danssport bestaan beslis nie net uit die genoemde twee dissiplines nie. Daar is byvoorbeeld hip-hop, straatdans, die uitvoerende kunste en nog meer. Suid-Afrika het ’n break-dansspan wat die land by die volgende Olimpiese Spele in Frankryk gaan verteenwoordig.

“Daar is deesdae ’n dansdissipline vir letterlik elke moontlike mens om in uit te blink en te geniet.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!