Dante takel bestes ter wêreld
Skaak
Namibië se voorste skaakspeler, Dante Beukes, sal die land vanaf Saterdag by die sport se Wêreldbekertoernooi in Baku, Azerbaidjan, verteenwoordig.
Die Wêreldbeker begin Saterdag en duur tot 24 Augustus as ’n uitkloptoernooi, met topspelers van oraloor die wêreld.
Sowat 206 deelnemers uit ongeveer 50 lande word verwag.
“Ons is ’n afvaardiging van drie – een speler, ’n bestuurder (Berdian Beukes) en ekself as missiehoof,” het Goodwill Khoa, president van die Namibië Skaakfederasie (NCF), voor hul vertrek gesê.
Beukes het die land op 27 Junie verlaat op pad na Serwië om voorbereidende wedstryde te speel.
“Dit was ’n goeie uitstappie. Uit 27 wedstryde het Dante agt gewen, 13 gelykop gespeel en ses verloor, vir ’n gradering van 2301. Ons sal Saterdag teen Ivan Saric, ’n Kroatiese skaakgrootmeester in ’n tweestellewedstryd te staan kom,” sê Berdian Beukes, wat saam met hom reis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie