Van links is Freddie Enslin (hoof van Ciovita Sales & Marketing), André Vermeulen (besturende direkteur van Hollard), Willie Verdoes (hoofbestuurder van Indongo Toyota), Axel Theisen (president van die Namibiese Fietsryfederasie), Leander Borg (Lema Events) Joseph Uapingene (Windhoek se adjunkburgemeester), Sam Kauapirura (Nedbank) en JG van Graan (Nedbank). Foto verskaf
Van links is Freddie Enslin (hoof van Ciovita Sales & Marketing), André Vermeulen (besturende direkteur van Hollard), Willie Verdoes (hoofbestuurder van Indongo Toyota), Axel Theisen (president van die Namibiese Fietsryfederasie), Leander Borg (Lema Events) Joseph Uapingene (Windhoek se adjunkburgemeester), Sam Kauapirura (Nedbank) en JG van Graan (Nedbank). Foto verskaf

Dash se 18de weergawe gedenkwaardig

Bergfietsry
Tielman Van Lill
Net 52 dae bly oor voor vanjaar se Nedbank Desert Dash waarin nagenoeg 1 000 brawe bergfietsryers op 9 Desember vanaf die Grove-inkoopsentrum die 393 kilometer via die Khomas Hocland na Swakopmund aandurf waar die wedren die volgende dag by Platz Am Meer eindig.

Soos in die verlede het solo-deelnemers, spanne van twee of vier (mans-, vroue- of gemengde spanne) 24 uur om die uitdaging te voltooi.

Mnr. JG van Graan, Nedbank se finansiële hoofbeampte, het by gister se amptelike bekendstelling mense herinner hoe Covid-inperkings verlede jaar die organisasie van die ikoniese Dash beïnvloed het.

“Ons het verlede jaar gesukkel tussendeur die uitdagings wat die Covid-maatreëls gebied het, maar deur goddelike genade loods ons weer hierdie epiese kompetisie sonder enige inperkings of maatreëls. Dit is iets om om te vier en voor dankbaar te wees,” het hy gesê.

Nedbank is die grootste en langsdurende korporatiewe belegger in die Namibiese fietsrysport. Die bank se borgskappe sluit in die Nedbank Cycle Challenge, wat al meer as 35 jaar bestaan; die Nedbank Windhoek Pedal Power-padresiesfietsreek asook die Nedbank Rock & Rut bergfietsreeks en verskeie nasionale kampioenskappe.

“Dit is meer as 35 jaar sedert ons bank sy eerste deposito in die belegging van fietsry in Namibië gemaak het. Sedertdien is Nedbank ’n konstante borg van verskeie fietsbyeenkomste, insluitend die Nedbank Cycle Challenge en steuning aan ’n aantal fietsryklubs,” het Van Graan bygevoeg.

Vandat Nedbank die titelborgskap van die Desert Dash agt jaar gelede oorgeneem het, het hy meer as N$8 miljoen hierin belê.

Vir vanjaar se skouspel het die wedren meer as 900 ryers geregistreer om in die solo- of die verskillende spanafdelings mee te ding.

Fietsryers van 17 verskillende lande het die gesogte plekke vir deelname in die Dash beklink. Deelnemers so ver as Australië, Brittanje, Duitsland, Frankryk, Italië, Kanada, Nederland, Oostenryk, Spanje, Switserland en die VSA het ingeskryf. Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Suid-Afrika en Zimbabwe verteenwoordig Afrika.

Me. Dina Namubes, Swakopmund se burgemeester, het op haar tuisdorp die bekendstelling van die 2022 Dash regstreeks aanlyn gevolg en het Nedbank vir sy bydrae geloof.

"As ’n dorp wat op toerisme staatmaak, is Swakopmund trots om al sy besoekers te verwelkom wat ’n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van ons land maak," het sy gesê.

Medeborge van die Nedbank Desert Dash sluit in Indongo Toyota, die Grove en Maerua SuperSpar asook Hollard.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!