David wys hakskene vir die jonges

Padwedlope
Die tweede IJG Run-reeks van Farm Windhoek Fitness is die afgelope Saterdag in Kleine Kuppe aan die suidekant van die hoofstad afgehandel, waaraan 125 drawwers deelgeneem het.

Deelnemers het die keuse tussen roetes van 10 kilometer of 21 km gehad wat padlangs gehardloop is.

Die halfmarathon (21 km) vir mans is algeheel deur die gesoute veteraan Salomo David in 1 uur 20:05 gewen, terwyl Louise van Graan (1:42:15.9) by die vroue oorheers.

Die algehele wenner in die 10 km vir mans is Conrad Marais in 39 minute 59.7 sekondes, terwyl die nasionale hokkiespeler Jivanka Kruger met 43:44.7 algeheel die vinnigste vrou was.

Die voorste uitslae:

21 km ope mans: 1 Thomas Miller 1:25:48, 2 Axel Amutse 1:41:21, 3 Fillipus Absalom 1:42:12.

21 km ope vroue: 1 Louise van Graan 1:42:15, 2 Magdalena Nghiiki 1:52:12, 3 Lauren Davidson 1:55:10.

21 km senior mans (40 en ouer): 1 Salomo David 1:20:05, 2 Brian Key 1:46:17, 3 Wayne Mamutse 1:46:39.

21 km senior vroue: 1 Liezl Swanepoel 1:49:07, 2 Shani Scholtz 1:49:51.

10 km ope mans: 1 Conrad Marais 39 minute 59, 2 Willie van Zyl 40:03, 3 Les Trollope 40:07.

10 km vroue: 1 Jivanka Kruger 43:44, 2 Lynelle van der Colf 51:17, 3 Riana Boshoff 51:53.

10 km senior mans (40 jaar en ouer): 1 Nesley Gawaseb 43:16, Heiko Reiff 43:26, 3 Markus Windsor 45:42.

10 km senior vroue: 1 Tania Wiese 55:57, 2 Francesca Annese-Mouton 57:02, 3 Sharon Schafer 57:58.

Die reeks is bedoel om tussen drawwers uit te klaar wie die vinnigste op pad- of veldroete is, watter dissipline is die moeilikste en wie van die twee drawwers die beste vaar.

Neem deel aan die reeks (10 km of 21 km) en laat die resultate vanself spreek. Die drie byeenkomste bestaan uit ’n veldroete (reeds afgehandel) en ’n padwedloop (afgelope Saterdag), gevolg deur die een gemengde byeenkoms wat op die pad én deur die veld beslis sal word. Die IJG Moonlight Run vind op 12 Augustus plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!