Sadé de Sousa17
Sadé de Sousa17

De Sousa tem nasionale rekord opnuut

Atletiek
Haar doelwit vir die seisoen is om deurlopend goeie vertonings te lewer, sê sy.
Limba Mupetami
Die jong naelloper Sadé de Sousa is goed op dreef in Amerikaanse universiteitsbyeenkomste en het die naweek opnuut die Namibiese nasionale binnenshuise rekord oor 60 meter ingepalm.

Die 21-jarige De Sousa het Saterdag die rekordtyd tot 7.41 sekondes verbeter, met ’n eerste plek by die Virginia Military Institute uitnodigingsbyeenkoms.

Sy het verlede maand die vorige nasionale beste merk van Jolene Jacobs (7.46, in Februarie 2020 in Birmingham) tot 7.41 verbeter.

De Sousa het aan die Namibian Sun gesê sy is in haar skik met haar vertoning.

“Ek is baie bly daaroor. Ek het nie daarvoor gemik nie, maar ’n wen is ’n wen en ek is net bly ek is konsekwent met my tye.

“Mense sal waarskynlik meer van my sien hierdie jaar. Op die oomblik is dit die binnenshuise seisoen vir kollege-atlete hier, dus werk ek definitief daaraan om my tye in die 60 meter nog meer te verbeter en reg vir die buitenshuise seisoen te wees, waar ek die 100 en 200 wil aanpak.

Nadat ’n besering haar vir bykans drie jaar buite aksie gehou het, het sy nou ten volle hiervan herstel en hoop om ’n suksesvolle seisoen sonder beserings te beleef.

“Ná drie frustrerende jare om ná ’n operasie te herstel, is ek het nou ten volle beter. Ek is sterker en vinniger as tevore en ek voel my spoed en krag verbeter verbeter namate die weke verbygaan. Ek is bly dat ek geduldig gebly het en niks te vroeg geforseer het nie. Dit was die moeite werd om te wag.”

In die kleure van Carson-Newman Universiteit in Tennessee, waar sy aan ’n graad in sportwetenskap studeer, is haar mikpunt om vanjaar deurlopende goeie vertonings te lewer.

“Ek fokus op niks of niemand anders as myself en om konsekwent goed te hardlopo hierdie seisoen nie. Dit sal my eerste volle seisoen wees en ek hoop om uiteindelik vir ’n All American-titel te kwalifiseer.

“Indien dit gebeur dat ek vir enige internasionale kompetisie kwalifiseer of gekies word, sal dit wonderlik wees, maar op die oomblik is dit nie rêrig waarop my visier ingestel is nie.”

De Sousa het ná haar afwesigheid haar terugkeer tot Namibiese kleure verlede jaar in Junie gemaak, toe sy vir die Afrika-kampioenskap in Mauritius gekies was. In die 100 meter het sy met 12.52 die eerste rondte oorleef, maar is in die semifinaal uitgeskakel toe sy 12.59 gehardloop het, heelwat stadiger as haar beste van 11.82 (2018 in Windhoek).

As tienermeisie het sy in 2018 die Namibiese nasionale 200-titel met 24.62 gewen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!