Derbies merk halfpadmerk in klubliga
Rugby
In Olympia en op Rehoboth hernu die nabygeleë mededingers hul kompetisie.
Die trots van twee van die hoofstad se oudste sportklubs word môre in die derby tussen Wanderers en United verdedig – met laasgenoemde vanjaar die gasheer by sy klubveld in Olympia.
In die premierliga van die Namibië Rugby-unie (NRU) was FNB Wanderers onoorwonne totdat hy die laaste twee naweke in die afwesigheid van ’n gros nasionale groeplede bloedneuse teen die voorloper FNB Kudus en die derde geplaaste FNB gekry het.
Met verloorbonuspunte in beide gevalle het Rohan Kitshoff se manne egter hardnekkig aan hul tweede posisie op die puntelys bly vasklou. Nadat hulle laas naweek vyf drieë teen drie by die Unam-stadion gedruk het, het die studentespan egter danksy heelagter Aljarreau Zaahl se twee laat strafdoele die wenpunte ná die gelykoptelling van 31-31 aangeteken.
Unam se oorwinning was deels te danke aan die feit dat afrigter David Philander ’n vars reserwebank gekies het wat nie vir die tweede span gespeel het nie – terwyl van Wanderers se voorspelers opgestuur is vir hul tweede wedstryd van die dag en later uit op hul voete was.
Wanderers se oudste aartsvyand, United, het laas Saterdag vir die eerste keer die wenpunte bygevoeg toe hulle vir FNB Reho Falcon wenloos gehou het.
Afrigter Robbie Dickson se Filistyne het sover stelselmatig aan sy beste kombinasie gebou, maar Wanderers sal alles in die stryd werp om nie vir die derde naweek op ’n streep die verloorsmaak te moet afsluk nie.
KRIEKET
Die derby handel egter ook oor wat vooraf gebeur – byvoorbeeld in die T20-krieketwedstryd tussen die eerstespanne, asook twee netbalwedstryde.
United se krieketspan: Lo-han Louwrens (kaptein), Damon Coetzee, KC Griffiths, Rowan Erasmus, Jasper Engelbrecht, JW Visagie (paaltjiewagter), Franko Bergh, Stefan Bezuidenhout, Henry Hayes, Uli Fortuin, Llewellyn Louw.
Wanderers se krieketspan (uit): Nicolaas Scholtz (kaptein), JC Balt, Ewald Steenkamp (paaltjiewagter), Colin Schoonbee, Bernard Scholtz, Waldo Smith, Francois du Plessis, Lu-Hendro de Waal, Tommie van der Merwe, Louis Peters, Dewald Nell, Karl Birkenstock.
United se eerste rugbyspan: 15 Oela Blaauw, 14 Henry Kandjou, 13 JD Nel, 12 Reinold Benade, 11 Janus van den Berg, 10 Chris Arries, 9 Pieter Janse van Vuuren, 8 Dean Blom, 7 Thomas Kali, 6 Ryan Garoeb, 5 Panduleni Ilonga, 4 Zander Bronkhorst, 3 Hanno Husselman, 2 Eloff du Plessis (kaptein), 1 Johan Brockmann. Reserwes: Marius van Niekerk, David Sheepa, Kamaa KajaIn die premierligsu, Thiart Lintvelt, Thomas van der Westhuizen, Daryll Vries, Felix Humphries.
DIE PROGRAM:
T20-krieket – 09:00
Knobel – 09:00
Netbal tweede spanne – 10:00
Netbal eerste spanne – 11:15
Rugby tweede spanne – 14:00
Rugby eerste spanne – 15:45
Al hierdie derbywedstryde word regstreeks deur NMH se NTV op DStv (kanaal 285 en GOtv 94), asook op die webblad oneuptwo.com uitgesaai.
KLUBRUGBY ELDERS
Die premierliga van die Namibië Rugby-unie bereik môre sy halfpadmerk (sewende ronde) wanneer die agt klubs mekaar takel.
Die voorloper op die puntelys, FNB Kudus van Walvisbaai, is op besoek in Khomasdal om 15:45 teen FNB Western Suburbs by Suburbspark op te draf.
Suburbs kon vanjaar drie van sy wedstryde wen, terwyl Kudus met ses uit ses seges spog.
Die gekweste Khomasdallers sal graag ná hul nederlaag van laas Saterdag teen FNB Rehoboth wil regruk en die eerste span word wat Kudus aarde toe bring. Kudus het 161 punte aangeteken met 83 teen hulle. Suburbs het 150 vir en 142 teen hulle.
• FNB Grootfontein sal op die noordedorp vir FNB Unam inwag. Unam het verlede Saterdag vir Wanderers by Unam geklop. Die studente sal propvol vertroue ná hul oorwinning teen die Wit Hingste wees.
Grootfontein het twee kragmetings sover gewen en vier verloor. Sonder hul kaptein Wikus Jacobs en slot Johan Luttig, wat beide met die nasionale groep op Stellenbosch is, sal dit beslis iets spesiaals kos om die studentespan te keer.
• Die premierligawedstryd op Rehoboth tussen FNB Rehoboth-rugbyklub en FNB Reho Falcon behoort goeie ondersteuning op die dorp gaande te maak.
Falcon kon nog nie ’n wedstryd wen nie, maar was hardnekkig teen United. Hierteenoor sal die Rooi Bulle hul lippe aflek om hul vierde sege van die seisoen te behaal.
Die premierliga se puntelys: 1 Kudus (28 punte), 2 Wanderers (25), 3 Unam (23), 4 Suburbs (16), 5 Rehoboth (15), 6 Grootfontein (13), 7 United (6), 8 Falcon (1).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie