Derde Fritzposten-byeenkoms ‘n groot sukses
Triathlon
D2 Training Squad het onlangs in samewerking met Star Body Works en Berocca sy derde Fritzposten-veldtriathlon aangebied.
In die Enduro-afdeling het Lelanie Swart vroeg in die swemskof die voortou geneem en op die fiets haar voorsprong gerek. Lauren Davidson het wel in die hardloopskof die gaping laat krimp.
Swart het op die ou einde in 3 ure 3 minute 07 sekonds geseëvier, met Davidson tweede in 3:13:36 en Karin Brockmann derde in 3:35:45.
JG van der Westhuizen was derde uit die water ná Andrew Rowles en Phillip Sonntag. Van der Westhuizen het die afgelope tyd sy swem heelwat verbeter. Hy het Rowles op die fiets verbygesteek en die gaping met die hardloop vergroot om relatief maklik in 2:30:40 te wen. Rowles was tweede in 2:53:08 en Sonntag derde in 3:18:36.
Team Maritz wen die Enduro in 3:13:31, met Frontline tweede (4:06:54).
In die Sprint-afdeling was Petrus Human in 1:26:43 die vinnigste in al drie dissiplines. Danie van Aswegen was tweede in 1:35:18 en Cobus Smit derde met 1:40:24.
Smit het met ’n paar sekondes die podium gehaal ondanks Ryno Engelbrecht se verbete eindpoging wat die derde posisie met net agt sekondes misgeloop het.
By die vroue het Marion Schonecke haar agterstand ná die swem vinnig ingehaal en gemaklik die eerste plek in 1:43:58 opgeraap. Willa Bronner was tweede in 2:06:29 en Berrit Graf derde in 2:13:15.
Frontline Mini het die spankompetisie oorheers en in 1:31:48 eerste geëindig.
Gerhard Mans senior het die bergfietsafdeling oor 40 km gewen met Theuns van der Westhuizen tweede en André Cornelissen derde. Bibi Cornelissen was die eerste vrou ná die 20 km op die bergfiets, met Madie Langeveldt in 1:35:44 tweede.
Die organiseerders probeer die hele familie vir ’n gesonder leefstyl betrek en daar was verskeie afdelings waar spanne en soloryers vir ’n bergfietsren kon inskryf.
D2 bedank Star Body Works, Berocca, RMB, NBL asook T&C vir hul bydraes wat die byeenkoms ’n groot sukses gemaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie