Derde hekkie wag in o.20 Afrika-toernooi

Rugby
Die Namibiese juniors se vaste vyf sal deeglik getoets word.
Andrew Poolman
Rowan Jansen, woelige flank van FNB Western Suburbs, en die skrumskakel Oela Blaauw is as kaptein en onderkaptein aangewys van die Namibiese o.20-rugbyspan wat op 6 April na Kenia vertrek.

Anders as die onlangse jare voor die Covid-onderbreking neem agt lande, pleks van net vier, aan die Rugby Afrika Barthes-toernooi in Nairobi deel.

Wedstryddag 1 op 9 April neem dus die status van ’n kwarteindstryd aan. Vier dae later volg die semifinale en uitspeelwedstryde vir alle spanne, met die eindstryde en uitspeelwedstryde vir finale posisies op 17 April.

Wêreldrugby het vanjaar sy Onder 20 Trofee-toernooi gekanselleer, wat dus nie meer as ’n geelwortel vir die Afrika-wenner dien nie.

Die kampioenspan in Nairobi sal bloot as die Afrika-titelhouer vir o.20’s vereer word. Die topses verkry outomaties ’n plek in die 2023 Barthes-toernooi, terwyl spanne nommer 7 en 8 gerelegeer word.

Die agt spanne is Madagaskar, Senegal, Tunisië, Zimbabwe, Ivoorkus, Namibië, Zambië en Kenia.

Frikkie Engelbrecht, vurige haker van Tsumeb Gimnasium en NWU Pukke wat in November vir die eerste keersaam met die Namibiese senior span na Stellenbosch getoer het, is een van die opvallende afwesiges wat tot onlangs lid van die voorlopige groep van 45 spelers was.

Chrysander Botha, afrigter van die o.20’s, sê Engelbrecht het einde Januarie ’n skoueroperasie ondergaan en is steeds weens rehabilitasie onbeskikbaar.

Die toerspan bevind hom ook in ’n ietwat kwesbare posisie wat sy vaste vyf betref – met net drie slotte, as Riaan Grové bygereken word, en net vier stutte, wat dus elke wedstryd sal moet speel sonder dat ’n besering aan enigeen werklik bekostig kan word.

Een van die ander stut-opsies, Johan Brockman (Windhoek Affies, Oranjemund-rugbyklub) is uitgeskakel vanweë sy onwilligheid om aan die toernooi se vereiste van Covid-inenting te voldoen.

Botha sê planne vir ’n oefenkamp was weens geldelike beperkings nie moontlik nie, maar oefenwedstryde teen klubspanne word wel vir die naweke van 26 Maart en 2 April beoog.

Die o.20-oefengroep is:

STUTTE (4): Bernd Beddies (Tsumeb Gimnasium), Feliciano Lucky Mauha (Moria Privaatskool), Jano Otto (Walvisbaai Privaat Hoërskool, United), Iyambo Tshuuya (Windhoek Hoërskool).

HAKERS (3): Friedrich Grobbelaar (Tsumeb Gimnasium, Grootfontein-rugbyklub), Upahee Muhuura (HTS), Franko Pearson (WHS).

SLOTTE (2): Conwill Draghoender (Rehoboth-rugbyklub), Henri Rossouw (Walvisbaai Privaat Hoërskool, Sparta).

LOSVOORSPELERS (8): Ray-Eez Feris (Dr. Lemmer Hoërskool, Rehoboth-rugbyklub), Riaan Grové (WHS, Rugby Travel Academy), Alexander Jansen (Walvisbaai Privaat Hoërskool, Kudus), Rowan Jansen (WHS, Western Suburbs), Gregory Namaseb (Kudus)

SKRUMSKAKELS (2): Oela Blaauw (onderkaptein, Paarl Gimnasium, Wanderers), Brian Bayer (Dr. Lemmer Hoërskool, Unam).

LOSSKAKELS (2): Geraldo Beukes (Kudus), Adriaan Steenkamp (Moria Privaatskool, Rugby Travel Academy).

SENTERS (4): Darren Beukes (Kudus), Niel Holtzhausen (Moria Privaatskool, Grootfontein-klub), Patrick Karsten (WHS, Wanderers), Raschano van Rooi (WHS, Unam).

VLEUELS EN HEELAGTERS (3): Owen Hawanga (Windhoek Gimnasium), Quirione Majiedt (WHS), Janes van Zyl (Moria Privaatskool, Grootfontein-klub).

• Die nie-reisende reserwes: Dominic Diedericks (stut, United), Lister Cochrane (slot, Tsumeb Gimnasium), Joe Losper (losvoorspeler, WHS), Enrique Husselmann (skrumskakel, WHS, Reho Falcon), Nathan Isaacs (losskakel, Kudus), Keanan Januarie (vleuel/heelagter, Unam), Hendrick van Schalkwyk (vleuel/heelagter, Delta).

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!