Desert Jewels haal hul eerste Afrika-finaal
Netbal
Namibië se Debmarine Desert Jewels is vir die eerste keer in die land se geskiedenis deur na die eindstryd van die Afrikabeker-netbaltoernooi.
Anna Kaspar en haar span se plek in die eindstryd van die toernooi in Gaborone is gisteraand bevestig toe Zimbabwe nie daarin kon slaag om met minstens 17 doele teen Eswatini te wen nie.
Die Zimbabwiërs se taak was om hierdie agterstand in doelverskil teen Namibië uit te wis indien hulle tweede wou eindig en tot die eindstryd deurdring. Hul eindtelling teen Eswatini gisteraand was egter 58-48.
In die afwesigheid van Suid-Afrika se Proteas – die prominente krag op die vasteland, wat tans in Engeland op toer is – het Zambië, Zimbabwe en die verrassingspakkie Namibië die afgelope week elkeen vier uit vyf wedstryde gewen.
Zimbabwe het met een punt teen Zambië verloor, terwyl Namibië op dag een vir Zimbabwe geskok, maar daarna met 52-42 teen Zambië vasgeval het.
Die groeprondte eindig dus soos volg, ná vyf wedstryde elk:
1 Zambië, 4 gewen, agt punte, doelverskil +39.
2 Namibië, 4 gewen, agt punte, doelverskil +36.
3 Zimbabwe, 4 gewen, agt punte, doelverskil +27.
4 Botswana, twee gewen, 4 punte, doelverskil +2.
5 Kenia, een gewen, twee punte, doelverskil -43.
6 Eswatini, nul gewen, nul punte, doelverskil -61.
• Eswatini en Kenia (uitspeel vir die vyfde plek; 15:00) speel vandag, voordat Botswana in die bronsfinaal teen Zimbabwe te staan kom (19:00).
Die bekerfinaal tussen Namibië en Zambië is Woensdag om 16:00.
Sedert 2010 was Namibië nog nooit in die topdrie van die Afrikabeker nie, maar afrigter Julene Meyer se span sal bitter graag hierdie kans wil aangryp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie