Dié Namibiërs in Varsitybeker betrokke
Rugby
Namibiese ondersteuners en keurders kan 'n oog op dié manne se vordering hou.
Vier Namibiërs se name verskyn op die spelersgroepe van die Suid-Afrikaanse universiteite betrokke in die 2023 FNB Varsitybekerreeks wat vandag sy tweede rondte wedstryde bereik.
Met heelwat van die land se studentespelers wat in vorige seisoen naam gemaak het, nou reeds afgestudeer, is die viertal minder as in vorige seisoene.
Die Varsitybeker bly nietemin ’n beproefde leerskool wat vir Namibië goeie getalle staatmakers opgelewer het wat gereed is om die nasionale toetstrui met trots oor die kop te trek.
Die vleuel Gerswin Mouton, in sy tweede seisoen by Wits Universiteit, het laas naweek van die reserwebank af gespeel toe sy span in Bloemfontein ’n wegwedstryd teen die CUT Ixias met 59-49 deurgehaak het.
Mouton, oudskolier van Windhoek Affies wat ook vir die Blou Bulle se o.20-span gespeel het, het verlede jaar sy toetsdebuut vir Namibië in Juliemaand se toer na Frankryk gemaak en het met ’n puik aftrap die span se eerste drie in die oorwinning met 34-19 teen Zimbabwe gedruk. Hy was egter in November weens ’n besering nie vir die toer na Spanje en Nederland beskikbaar nie.
• By Shimlas in Bloemfontein is die stut Gerrit Visser, waarskynlik die minste bekend onder plaaslike rugby-ondersteuners.
Die gebore Swakopmunder het tevore aan die koerant gesê sy mense het na Suid-Afrika verhuis toe hy drie jaar oud was.
“Ek was in Laerskool Elarduspark (Pretoria) en het eerste span vir Waterkloof gespeel en die Blou Bulle se o.16-span by die Grant Khomo-week gehaal. Weens ’n besering het ek die o.18 Cravenweek gemis, maar het toe vir die Leeus o.19’s en twee jaar vir die Cheetahs o.21 gespeel.
“Ek het in 2020 Varsitybeker vir die Shimlas begin speel.”
Die landboustudent sê: “My hele familie van Vissers boer nog op Mariental. Ek wil graag ’n voerkraal begin eendag. Ek stel beslis belang om vir Namibië te speel.
• Zéan Augustyn, gebore op Oranjemund, was laas jaar ook by die Shimlas, maar is nou by die CUT Ixias.
Die vaskopstut wat Namibië reeds op o.20-vlak verteenwoordig het, het in 2019 vir Shimlas se o.20’s en die Varsitybeker Young Guns gespeel. Hy het ook tevore verklaar dat hy dit as ’n voorreg sal beskou en beskikbaar sal wees as Namibië op sy knoppie druk.
• Die skrumskakel Oela Blaauw, ’n produk van Keetmanshoop en laas jaar Namibië se o.20-kaptein, het hom intussen by die Universiteit van Johannesburg aangesluit. Hy het in 2022 vir Trustco United gespeel.
VANDAG se wedstryde in die Varsitybeker:
Fanie du Toit-stadion (NWU, Potchefstroom): Shimlas v NWU Eagles (regstreeks op SuperSport Rugby), 17:00
Danie Craven-stadion, Stellenbosch: CUT tn FNB Maties, 19:00.
Green Mile (UCT): UP-Tuks tn UCT Ikeys, 19:00.
Wits-stadion: UJ tn Wits, 19:00 (regstreeks op SuperSport Rugby).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie